Klub in die Kollig: Cheetah Rugby Ireland Fan Club

04/03/2020
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Cheetahs-in-Ireland-696x522-1

Die Wêreldgids is nie net ‘n hutspot van Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland nie – daar is ook gemeenskappe van Suid-Afrikaners wat mekaar ondersteun, gereeld saam kuier en veral saam rugby kyk. Hierdie week het ons dus nie ‘n onderneming in die Kollig nie maar ‘n klub: die Cheetahs Rugby Ireland Fan Club.

Die Cheetahs Rugby Ireland Fan Club het in 2017 ontstaan toe ‘n groep Suid-Afrikaanse ekspat-vriende in Ierland begin bymekaar kom het om die Cheetahs te ondersteun wanneer hulle aan die Pro14 deelneem. Maak nie saak waar in Ierland die Cheetahs speel nie, dit is nooit te ver of te veel moeite vir die groep om hulle te gaan ondersteun nie. Hulle is ook baie trots daarop dat hulle beslis die raserigste klomp op die pawiljoen is al is hulle die kleinste groepie; die Cheetahs moet immers weet hulle word ondersteun, of hoe?

Die groep het sedertdien gegroei en glo hoe meer siele hoe meer vreugde. As jy jouself dus in Ierland bevind wanneer die Cheetahs weer daar uitdraf, maak gerus kontak met dié groep en beleef ‘n wedstryd saam met hulle. Jy mag dalk vreemd daar instap, maar teen die tyd wat die eindfluitjie blaas, sal jy deel wees van dié oranje groep ondersteuners.

As jy aan ‘n soortgelyke groep of klub in die buiteland behoort of van een weet, of as jy weet van ander groepe of kerke waar Suid-Afrikaners in die buiteland bymekaarkom, laat weet ons daarvan. Ons wil weet wat in jou omgewing gebeur en ons wil graag ander Suid-Afrikaanse ekspats daaroor inlig. Stuur gerus ‘n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za Ons wil graag van jou hoor!

Gaan sluit aan by die Cheetahs Rugby Ireland Fan Club se Facebookblad

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na cheetahsireland@gmail.com

Of besoek hulle profiel op die Wêreldgids

Deel op

Nuutste artikels