Onderhandeling en reëlings duur in alle erns voort om gestrande Suid-Afrikaners te repatrieer

27/04/2020
| Deur AfriForum Wêreldwyd
photo-1542296332-2e4473faf563

  • Die meeste Suid-Afrikaners wat in Europa gestrand was, is reeds gerepatrieer. Daar is ’n paar Suid-Afrikaners wat nog in Portugal is omdat hulle nie na Frankfurt kon reis om die beskikbare repatriasievlugte te haal nie.
  • Ongeveer 1 164 Suid-Afrikaners is steeds in Asië gestrand, veral in Thailand, Kambodja, Indië, Indonesië, Japan, Viëtnam, Suid-Korea en Maleisië. Drie Suid-Afrikaners is ook in Nepal gestrand. Ongeveer 400 Suid-Afrikaners is in Australië gestrand.
  • In Afrika is ongeveer 376 Suid-Afrikaners nog gestrand in die Ivoorkus, Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Gaboen, Madagaskar, Mauritius, Uganda, Kenia, Marokko, Senegal en Zambië.
  • Ondanks ’n huurvlug wat meer as 300 Suid-Afrikaners vanaf die VSA gerepatrieer het, is daar steeds ongeveer 300 mense wat daar gestrand is.

“Ons doen alles in ons vermoë om die terugkeer van Suid-Afrikaners wat oorsee gestrand is, te ondersteun. Ons werk nou saam met ander regerings. Sommige is baie huiwerig om vlugte toe te laat omdat hulle ook in ’n staat van inperking verkeer. Ons moet geduldig bly, daar moet onderhandel word. Ons werk regtig hard hieraan. Daar is baie uitdagings.” – Dr. Naledi Pandor

Bron: DIRCO – NUUSBRIEF OOR DIE REPATRIASIE VAN SUID-AFRIKAANSE BURGERS – 27 April 2020

Deel op

Nuutste artikels