Briewe van die tandemuis

30/09/2020
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Tandemuis_binnekort_beskikbaar_banner

Met elke tandjie wat die sesjarige Anneke vir Kardoemsie los, ontvang sy ’n briefie oor al sy avonture. Sy vind uit van Kardoemsie se aanstelling as die amptelike tandemuis, leer ken die lagwekkende oomblikke wat Kardoemsie met sy vrou en 23 kinders deel en kry selfs raad oor hoe om haar tandjies pêrelblink te borsel.

Ontmoet die skattige én slinkse karakters wat rondskarrel op Anneke-hulle se werf en wandel saam met Lisa die hond, Generaal Streepstert, Kaptein Pokkels en al die ander karakters in ’n wonderwêreld waar fantasie nog saam met Koning Kaspersie kan koning kraai.

Briewe van die tandemuis is deel van die uitgewer se nuwe Kraal Kleinspan-reeks. Dié reeks boeke word deur plaaslike skrywers en illustreerders saamgestel om ’n eg Suid-Afrikaanse én Afrikaanse produk aan jong lesers te bied.

Gaan na www.kraaluitgewers.co.za om solank joune te bestel.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels