Peiling: Jy ken jou wêreld, maar nou wil Wêreldwyd jou leer ken

14/12/2020
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Wereldwyd-facebook2

Neem deel en WEN!

Wêreldwyd, ’n inisiatief van die burgerregteorganisasie AfriForum, bied reeds die afgelope agt jaar ’n aanlyn tuiste vir Suid-Afrikaners wat hulself in die buiteland gevestig het. Dit is die ideale platform vir elke Suid-Afrikaner wat tans in die buiteland woon, maar graag steeds in voeling met hul tuisland wil bly. Dit help mense ook om op hoogte te bly van nuusgebeure in Suid-Afrika. Hier kan jy ook betroubare raad kry, sommer net saamkuier, jou ervarings deel en meer vertel oor die interessante plekke waar jy tans woon en werk.

Ons Wêreldwyd-span wil graag deeglike navorsing doen om te bepaal wat presies vir Suid-Afrikaners in die buiteland belangrik is sodat ons dié inligting op ons webtuiste en ander digtale platforms beskikbaar kan stel.

Wêreldwyd wil graag die tuiskomplek wees vir ons mense in die buiteland. Help ons dus om ons horisonne te verbreed deur dié opname te voltooi.

Die prys sluit die volgende in: ’n Takealot-geskenkbewys ter waarde van R2 500 vir persone wat in Suid-Afrika woon, of ’n Amazon-geskenkbewys van US$150 vir persone wat in die buiteland woon.

 

 

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels