Ek het in Suid-Afrika grootgeword op ’n plaas in die Sudwala-vallei, omring deur woude, riviere en wild, met my grootouers wat reg langsaan ons gewoon het. My ouma was ’n pottebakker, dus was erdewerk nog altyd ’n deel van my lewe. Sy het vir al haar kleinkinders die basiese beginsels geleer oor hoe om klei met jou hande te vorm en met blokke klei te werk, maar dit was vir my die lekkerste om haar dop te hou as sy pragtige potte op die wiel gesit en maak het.
Laura Corillon
Ek het in 2018 na Liverpool verhuis en sommer gou by ’n pottebakkerskool aangesluit as teenvoeter vir die verlange huis toe en om nuwe vriende te maak. Kort voor lank het ek meer ernstig begin word oor pottebakkery en hard begin werk om dit voltyds te kan doen. Ek is nou in Cardiff gebaseer en werk vanuit my ateljee in die middestad.
Ek hou daarvan om iets te maak wat tydloos en eenvoudig is, sodat ek weet dit is oor 50 jaar van nou af steeds so geliefd as die dag wat dit gekoop is. En dit is die wonderlike ding van pottebakkerskuns – as jy dit goed oppas, het jy dit vir altyd.
Kontak Dwaal Maker:
Klik hier om Dwaal Maker se webtuiste te besoek.
Deel op
Nuutste artikels