Hiermee die nuutste AfriForum Wêreldwyd Kollig. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.
Hier is die gewildste artikels:
Afrikaans (en tweetaligheid) in Australië
Ons doen wat ons kan om Afrikaans hier in ons huis te koester. Ons lees Afrikaanse boekies dat dit klap! Ons sing liedjies, gesels en speel in Afrikaans. Ons voer videogesprekke met almal in Suid-Afrika. Ons ondersteun sport in Afrikaans.
Emigrasie is nie maklik nie – Wenke om deel te word van jou nuwe omgewing
Ons is almal bewus van die emosionele wipwarit wat met emigrasie gepaard gaan. Een van die sterkste emosies is ’n gevoel van eensaamheid. Om te voel jy is alleen in ’n vreemde land met vreemde mense kan sy tol eis, maar daar is maniere om die aanvanklike eensaamheid te oorkom. Hier is ’n paar wenke.
Afrikaners en die buiteland – die wiel draai
Hierdie tweede fase behels dat ons mense wat reeds ingelig is en wat reeds bekommerd is moet kry om in die openbaar standpunt in te neem oor wat in Suid-Afrika aan die gang is en ook om in die openbaar te wys dat hulle hulself as vriende van die Afrikaners beskou. Om in die openbaar standpunt in te neem help reeds, maar ons kan selfs meer doen, soos om diplomatieke druk te laat toepas oor kwessies soos die beskerming van eiendomsreg.