Onderneming in die Kollig: The Cape Restaurant & Beach Bar
Die Wêreldgids is ’n netwerk wat uit Suid-Afrikaanse ekspats en hul ondernemings bestaan, en help Suid-Afrikaners om tuis te voel in ’n nuwe omgewing. Elke week kies die AfriForum Wêreldwyd-span een van die ondernemings wat in die Wêreldgids gelys is om in die Kollig te verskyn.
Dié week se onderneming in die Kollig is The Cape Restaurant & Beach Bar in Alpharetta, Georgia, VSA.
The Cape Restaurant & Beach Bar is ’n sjiek restaurant by die see wat geïnspireer is deur Suid-Afrika se kookkuns en wyn. The Cape is deel van True Story Brands, ’n gasvryheidsgroep met die Suid-Afrikaanse boorling en restauranteienaar Justin Anthony aan die stuur.
Gaste kan sewe dae van die week buite op die dakpatio kuier met uitsigte van die hele boulevard, of in The Cape se hoofeetarea, omring deur kleurvolle getekstureerde kussings, pasgemaakte branderplanke en hangende plante oor die hele plafon – alles ontwerp om gaste te laat voel asof hulle in ’n sjiek strandhuthuisie is.
The Cape Restaurant & Beach Bar is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.
Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm.
Deel op
Nuutste artikels