Brisbane Valentyns Dans

30/01/2019
| Deur AfriForum Wêreldwyd
freestocks-org-552875-unsplash

Brisbane Valentyns Dans 2019

• DATUM: Saterdag 16 Februarie 2019
• DRAG: Casual
• TYD: 19:00pm
• ADRES: Samford Communitiy Hall, School Road, Samford

KOSTE:
• Kinders onder 5 – gratis,
• Kinders 5 tot 12 jaar – $5 per person,
• Volwassenes 13 en ouer – $10 per person.

TAFELS: Tafels is GRATIS en werk op ‘n “first come first serve” basis. As jy wil hê ons moet vir jou ‘n tafel hou (waarborg), kan jy dit vooraf bespreek. Daar is net 26 tafels (8 stoele per tafel) beskikbaar teen vooraf bespreking van $20/tafel (sluit nie jou ingangsfooie in nie). Tafels is vooruitbetaalbaar. Indien julle ‘n tafel wil bespreek, volg asb die onderstaande link:

https://www.trybooking.com/BANHV

Toegangskaartjies kan ook vooraf gekoop word op dieselfde link – of by die deur op die aand. (Eftpos fasiliteite is beskikbaar).

Tafels wat nie vooraf bespreek is nie (indien daar nog oor is) sal gratis beskikbaar wees op die aand. Jy is ook welkom om jou eie kamp stoele en tafel saam te bring en buite op die grasperk op te stel. Tafels verkoop omtrent elke dans uit en as jy will he jou tafel moet vir jou wag as jy daar kom MOET jy vooraf bespreek en betaal.

Die “Meerkat Down Under” sal ook ‘n verskeidenheid Suid-Afrikaanse produkte en biltong/droewors te koop he op die aand.

KINDERS: Kinders is baie welkom, alhoewel daar geen toesig of vermaak gereël is nie. Ouers is dus self verantwoordelik vir die toesig van hul eie kinders.

BRING SAAM: Piekniek mandjie met eetgoed, drinkgoed met eie eetgerei en glase (eie alles).

BRAAIERS: Geen braaiers word voorsien nie, maar jy is welkom om ‘n braai saam te bring.

MUSIEK: Onder leiding van Hennie Botha van die Musiek Fabriek (Besprekings: 0455 98 5275). Versoeke welkom.

NAVRAE: Vrae welkom op Musiek Fabriek op facebook of E-pos na adres: info@musiekfabriek.com.au. Hou ook asb die “events” onder Musiek Fabriek op Facebook dop vir ander geleenthede (ons jaar-program) of verandering van reëlings vir die dans.

Deel op

Nuutste artikels