Wêreldwyd bring eg Afrikaanse vermaak na Australië en Nieu-Seeland

14/06/2018
| Deur AfriForum Wêreldwyd
AIL-2018-algemeen

Wêreldwyd tree vanjaar weer as hoofborg van die Afrikaans is Lekker 2018-konsert op. Hierdie konsert, wat in samewerking met South African Events aangebied word, verskaf eg Afrikaanse vermaak vir Suid-Afrikaners in Nieu-Seeland en Australië.

“Dit is vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners in die buiteland informeel byeen kan kom om hul Suid-Afrikanerskap te vier. Hulle is ons familie, vriende en ambassadeurs in die buiteland, en ons wil hulle aanmoedig om steeds hul kultuur te vier,” sê Sue-Ann de Wet, Wêreldwyd se projekkoördineerder vir die Suid-Afrikaanse diaspora.

Die optredes vir vanjaar is soos volg:

15 Junie:       Auckland – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit Meyer-Rödenbeck en Jacques du Plessis

16 Junie:       Brisbane – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit Meyer-Rödenbeck en Jacques du Plessis

17 Junie:       Perth – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit Meyer-Rödenbeck en Jacques du Plessis

22 Junie:       Wellington – Snotkop, Refentse en Nianell

23 Junie:       Sydney – Snotkop, Refentse, Nianell en Margit Meyer-Rödenbeck

24 Junie:       Melbourne – Snotkop, Refentse, Nianell en Margit Meyer-Rödenbeck

Besoek gerus Wêreldwyd se webtuiste by www.wereldwyd.co.za vir meer inligting of om kaartjies te koop.

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels