Boek van die Week: Die swakste restaurant in die heelal en ander stories

17/08/2018
| Deur AfriForum Wêreldwyd
ben-white-128604

Geskryf deur: Jaco Jacobs

Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal. Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word. Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het. Gee vir tannie Breggie ’n ou soentjie – as jy dapper genoeg is!

Vind uit hoe ’n mens toonkonfyt maak. Of: ontdek hoe ’n bol kougom die wêreld kan red!

Jy kan kies om te giggel, gil, brul, proes, snork of skater van die lag met hierdie versameling skreeusnaakse stories uit die pen van die gewilde Jaco Jacobs. Die bundel kortverhale bevat tien stories wat geskryf is om jong lesers se lagspiere oortyd te laat werk.

 

Deel op

Nuutste artikels