Wêreldwyd se Wêreldgids is so trots Suid-Afrikaans soos ’n boereworsrol by ’n Springbokrugbywedstryd. Elke week kies Wêreldwyd ’n besigheid uit die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week is dit AfriKos.
AfriKos is verrassend anders! Suid-Afrikaanse geregte wat jy self voorberei saam met vriende, familie of kollegas. Die klasse word in Afrikaans aangebied!
Daar is drie verskillende werkswinkels om van te kies:
- Kuierkos
- Onthoukos
- High Tea
Die kuierkos-werkswinkel duur twee tot drie ure en ons maak die volgende:
- Wonderlike worteltjies
- Lepelsteeltjies
- Marmiterolletjies
- Gevulde sampioene
- Eierballetjies
- Klapperklontjies
- Bobotiefrikkadelletjies
- Piesanghappies
- Biltongballetjies
- Ystervarkies
Naas braai en potjiekos kan ’n mens die volgende tradisionele geregte lekker gesellig saam in die onthoukos-werkswinkel voorberei:
- Bobotie
- Kerriepiesangslaai
- Mieliekoekies
- Pampoenpoffertjies
- Pap
- Melktert
- Malvapoeding
Dié werkswinkel duur drie tot vier ure, maar dit is beslis die harde werk werd!
Die spyskaart vir die High Tea-werkswinkels is baie meer informeel. Dit hang van die groep af wat hulle graag wil voorberei, byvoorbeeld skons, kaneelsuikermuffins, broodjies met verrassende smake, melktertjies, koeksisters, marmite-kaasmuffins, hertzoggies, klapperklontjies en nog vele meer!
Besoek AfriKos se webtuiste hier
Besoek AfriKos se profiel op die Wêreldgids hier
Lys jou onderneming op die Wêreldgids hier