Suid-Afrikaanse Braai en Potjiefees

05/12/2018
| Deur AfriForum Wêreldwyd
41682026_325502728205335_5974407346774867968_n

Waarvoor kan mens meer vra om jou Suid-Afrikaanse herkoms te vier as twee gunstelingtydverdrywe, naamlik braai en potjie? ’n Gesinsvriendelike geleentheid, natuurlik!

Die geleentheid het hom nou voorgedoen! Ons eerste jaarlikse Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees (SABP-fees) word in 2019 in die staat Virginia aangebied.

Dink net daaraan: Kuier saam met mede-Saffas, ontmoet nuwe vriende en geniet ’n bietjie pret terwyl jy ’n netwerke bou. Daar sal ongelooflike Suid-Afrikaanse kos, goedjies en musiek wees – om maar net ’n paar te noem.

Die SABP-fees word tussen 19 en 21 April 2019 by die Richmond North / Kings Dominion KOA in Virginia gehou.

E-pos info@sabraaifest.com of besoek die SABP-fees se webtuiste vir meer inligting.

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels