Flip Buys (voorsitter van die Solidariteit Beweging) en Dirk Hermann (bestuurshoof van Solidariteit) het die afgelope twintig jaar as vakbondmanne, uitsonderlike strateë en meningsvormers beplan én gebou aan die dinamiese Solidariteit as vakbond sowel as die snelgroeiende sambreelorganisasie Solidariteit Beweging. ’n Nuwe boek (Vat jou goed en bou! Twintig jaar van Solidariteit) is pas bekendgestel en bevat nagenoeg 100 van Buys en Hermann se mees opspraakwekkendste meningstukke waarin hulle nie net die bouwerk van die afgelope twintig jaar bespreek nie, maar ook ander aanmoedig om saam te bou aan ’n vry, voorspoedige en veilige Suid-Afrika. Klik hier vir meer inligting.