Hiermee die nuutste leesgenot vir die jongspan:
Soek in die boek: Dinosourusse
Leer kinders speel-speel meer oor hulle gunstelingdinosourusse. Met kleurvolle illustrasies, teks wat rym, dinge om op elke bladsy te soek en ‘n drahandvatsel vir klein handjies, is hierdie lieflike kartonboek perfek vir kleuters wat aan die beweeg is. Vind meer uit.
Soek in die boek: Troeteldiere
Leer kinders speel-speel meer oor hulle gunstelingtroeteldiere. Met kleurvolle illustrasies, teks wat rym, dinge om op elke bladsy te soek en ‘n drahandvatsel vir klein handjies, is hierdie lieflike kartonboek perfek vir kleuters wat aan die beweeg is. Vind meer uit.
Eerste treë: Hallo, kleuterskool!
Gaan jou kind binnekort kleuterskool toe? Dis so opwindend! Maar dit beteken baie dinge gaan verander.
Hierdie aktiwiteitsboek berei kinders speel-speel voor op kleuterskool met boeiende aktiwiteite wat kreatiwiteit stimuleer en emosionele uitdrukking aanmoedig. Met ‘n mengsel van prettige en grondliggende vaardigheidsbou, verseker hierdie boek dat kinders gereed en opgewonde is vir hierdie nuwe avontuur. Vind meer uit.
Eerste treë: Hallo, nuwe baba!
Is daar ‘n nuwe baba op pad? Dis so opwindend! Maar met ‘n nuwe boetie of sussie in die huis gaan baie dinge verander.
Hierdie aktiwiteitsboek berei kinders speel-speel voor op ‘n groeiende gesin. Met boeiende aktiwiteite wat emosionele uitdrukking aanmoedig sal kinders gereed en opgewonde wees vir hierdie nuwe ervaring. Vind meer uit.
Opwipsprokie: Gouelokkies en die drie bere
Herontdek die tydlose verhaal van Gouelokkies en die drie bere met ons betowerende opwipboek! Wanneer Mamma Beer, Pappa Beer en Baba Beer in die woud gaan stap, gaan die ondeunde klein Gouelokkies hulle huisie binne. Toe die bere terugkom, wag daar ’n groot verrassing op hulle . . .
Pragtige 3D-illustrasies sal jong lesers en volwassenes boei. Elke dubbelbladsy is ‘n nuwe avontuur wat jou nooi om die knus beerhuisie te verken en Gouelokkies se nuuskierige eskapades te aanskou. Vind meer uit.
Opwipsprokie: Die drie varkies
Herontdek die tydlose verhaal van Die drie varkies met ons betowerende opwipboek! Drie varkies besluit om vir hulle huisies te bou, maar hulle sal moet oppas vir die wilde, wrede wolf.
Pragtige 3D-illustrasies sal jong lesers en volwassenes boei. Elke dubbelbladsy is ‘n nuwe avontuur wat jou nooi om die varkies se huisies te verken en hul slim eskapades te aanskou. Hierdie interaktiewe boek is perfek vir enige boekrak en kombineer klassieke storievertelling met lieflike illustrasies. Vind meer uit.
Storierak
Volg ons op sosiale media
Storierak is ’n blad met oulike Afrikaanse kinderboeke deur NB-Uitgewers.
Facebook: Storierak | Facebook
Instagram: Storierak (@storierak_) | Instagram
Boeke beskikbaar as e-boeke is beskikbaar by die volgende e-boekwinkels:
Foto: Getty Images/ Unsplash