Afrikaans is Lekker 2025 Kanada

17/06/2025
| Deur Sue-Ann de Wet
Afrikaans is Lekker 2025: Kanada

Appel en Jo Black neem Afrikaans na Toronto, Saskatoon en Calgary

Die Afrikaanse musiekfees Afrikaans is Lekker maak in Julie 2025 weer sy opwagting in Kanada – en dié keer is dit met die gewilde kunstenaars Jo Black en Appel wat gehore in drie groot stede gaan betower.

Ná die groot sukses van vorige Afrikaans is Lekker-vertonings wêreldwyd, is Suid-Afrikaners in Kanada weer aan die beurt om saam te sing, te lag en hul kultuur te vier. Hierdie jaar se Kanada-reeks beloof om gehore te verras met die unieke styl van Jo Black en die gewilde klanke van Appel. Van diep lirieke tot sing-saam-treffers – dié twee kunstenaars bring iets vir elke Suid-Afrikaner. Terwyl die gewilde Afrikaanse kunstenaars in Kanada is, vorm dié vertonings deel van ’n feestelike naweek – met twee groot Suid-Afrikaanse byeenkomste wat ook plaasvind: die gewilde Saffella-fees in Toronto en die South African Market-fees in Saskatoon.

Dis ’n unieke geleentheid om Afrikaans, kultuur, kos en musiek alles saam te vier – beslis ’n naweek vir die boeke!

Die toerprogram is soos volg:

  • 25 Julie 2025 – Toronto
    Koop jou kaartjies hier.
  • 26 Julie 2025 – Saskatoon
    Koop jou kaartjies hier.
  • 27 Julie 2025 – Calgary
    Koop jou kaartjies hier.

Die Afrikaans is Lekker-reeks word met trots aangebied deur SA Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd. SA Events wat dit as hul missie beskou om Suid-Afrikaners in die buiteland weer met hul wortels te verbind. Die Afrikaans is Lekker-konserte in die buiteland gaan oor veel meer as net musiek, dit is ’n bymekaarkomplek vir ou vriende en gemeenskappe. Dit is ’n plek om nuwe vriende te maak, lekker saam te kuier en jou taal en kultuur uit te leef. Dit is waarom hul die optredes doen vir ons gemeenskappe in die buiteland.

Volgens AfriForum Wêreldwyd is musiek een van die kragtigste maniere om die hartklop van ’n taal en kultuur lewendig te hou. Afrikaans is Lekker is presies dit: ’n viering van wat ons deel, selfs al woon ons wyd verspreid. Om gelukkig te wees in jou nuwe land, beteken nie dat jy jou mense en kultuur versaak nie. AfriForum Wêreldwyd is trots om betrokke te wees by die bevordering van Afrikaanse musiek en kultuur oorsee. Ons sien die waarde van hierdie inisiatiewe in die behoud van Afrikaanse taal en kultuur en ondersteun konserte, feeste en geleenthede wêreldwyd.

Kaartjies en meer inligting oor die Kanada-toer is beskikbaar op SA Events se webtuiste. Besoek: https://www.southafricanevents.com/

Volg ook AfriForum Wêreldwydse Facebook-blad vir die jongste nuus en deel hierdie opwindende nuus met jou vriende en familie in Kanada!

Deel op

Nuutste artikels