Ons nooi almal vriendelik uit om by ons aan te sluit vir die Geloftefees 2024, wat vanjaar op ʼn Maandag val. Omdat daar nie in Australië ʼn openbare vakansiedag op 16 Desember geld nie, herdenk ons Geloftedag op 15 Desember. Die Gelofte is ook op die vooraand van 16 Desember 1838 deur Andries Pretorius en sy manskappe in die laer by Bloedrivier afgelê.
Program:
Verootmoedigingsdiens: Ds Johan P du Preez, Leraar Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, tans in Melbourne woonagtig.
Gelofteboodskap: Ds Cassie Aucamp, Voormalige Voorsitter van Raad van Direkteure van die Voortrekkermonument.
Herbevestiging van Die Gelofte
Afsluiting
Gesellige samesyn rondom boerewors, mieliepap en tamatie smoor, slaaie en brood met konfyt. Na die verrigtinge nooi ons almal om saam te kuier tot donker.
Meer inligting
Datum: 15 Desember 2024.
Tyd: Aankoms by terrein vanaf 14:00, verrigtinge begin om 15:00
Adres: Wonga Park Christian Reformed Church, Yarraweg 251, Wonga Park, VIC 3115
RSVP teen 11 Desember 2024
Klik hier om jou besonderhede te los of stuur ‘n epos na kontak@geloftedag.net
Foto: Zac Durant/ Unsplash