Maart se leesgenot vir die jongspan

12/03/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Maart se leesgenot vir die jongspan

Hiermee die nuutste leesgenot vir die jongspan:

Ouma Mollie se verkeerde verjaarsdag

“G’n mens kan so verkeerd verjaar nie!” roep ouma Mollie. Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Ouma Mollie vergeet skoon van haar eie verjaarsdag. Toe sy dit vinnig wil vier, eindig die verjaarsdag in ’n GROOT ramp. Niemand het geweet suurlemoentert kan so SUUR wees nie. Ouma Mollie se vingers en tone krul sommer in vuisies. Ouma Mollie besluit sy moet weer verjaar – sommer môre! Maar o genade, Ouma Mollie se TWEEDE verjaarsdag loop ook nie volgens plan nie. Gaan Ouma Mollie dit regkry om uiteindelik REG te verjaar? En wat het dit te doen met ’n walvis se oog? En seepborrels? En ’n waterwurm? Nee, wag, lees maar self hoe Ouma Mollie die grootste partytjie ooit hou. VEELS GELUK, OUMA! Vind meer uit.

Tippie se avonture

Die Tippie-reeks is een van LAPA se enorme verkopers. Vind meer uit.

Elke boek in elke reeks bevat:

  • ’n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners;
  • helder, kindervriendelike illustrasies;
  • ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.

Die reeks is uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Oor die skrywers: Met jare se ervaring in buitengewone onderwys waar kinders met lees- en spelprobleme sukkel om te leer, wil Jose en Reinette Palmer met die Leer my lees-reeks ’n liefde vir lees by kinders kweek. Hierdie leesreeks met sy prettige illustrasies is saamgestel sodat dit nie net pret sal wees om te lees nie, maar ook woordeskat en leesbegrip bevorder.

Oor die Illustreerder: Zinelda McDonald woon in Pretoria. Sy het ’n honneursgraad in grafiese ontwerp aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroomkampus verwerf.

May be an image of 1 person, elephant and text

Volg ons op sosiale media

LAPA verskaf bekostigbare boeke vir oud en jonk!

Facebook: LAPA Uitgewers

Instagram: lapa_uitgewers

Foto: Pexels

Deel op

Nuutste artikels