AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.
Jy kan met gemak die regte diensverskaffer onder die meer as 40 kategorieë vind. Hierdie week val die kollig op Protea Hair Boutique, ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.
Oor die jare het die kundige span van Protea Hair Boutique een missie gehad – om hul toegewyde kliënte pragtig te laat lyk en op hul beste te laat voel.

Lees meer oor Protea Hair Boutique
By ons tophaarsalon bied ons vir jou die volle pakket – insluitende sny en blaas, kleurbehandelings, stilering en gevorderde metodes om hare reguit te maak. Ons talentvolle span stiliste is daartoe verbind om te verseker dat jy op jou heel beste voel wanneer jy by ons salon uitstap. Ervaar die verskil by Protea Hair Boutique en bespreek jou afspraak vandag aanlyn vir ’n persoonlike tikkie glans en gesofistikeerdheid.
Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd seWêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net té ver weg is.
Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk. Ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.
Lees ook: Onderneming in die kollig: Oh-lief Natural Products – Nederland
Deel op
"*" indicates required fields
Nuutste artikels



















