Onderneming in die kollig: SAarkie Limited

21/10/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: SAarkie Limited

Dit is nie maklik om in ’n nuwe land aan te pas nie. Alles voel vreemd en onbekend, en selfs iets so eenvoudig soos om jou geliefde Suid-Afrikaanse produkte op te spoor kan ’n avontuur op sigself wees. Jy hoef dit egter nie alleen te doen nie: AfriForum Wêreldwyd is hier om te help.

Ons Wêreldgids is enig in sy soort: ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaar kom om ’n gevoel van gemeenskap te skep en waar jy weer kan voel jy behoort.

Of jy nou op soek is na Afrikaanse kerkdienste, jou gunsteling- Suid-Afrikaanse lekkernye of professionele mense wat in Afrikaans met jou oor finansiële, mediese of regskwessies kan gesels, ons gids wys vir jou waar om te begin.

Elke week plaas die AfriForum Wêreldwyd-span een van die ondernemings in die gids in die kollig. Hierdie week kyk ons na SAarkie Limited, geleë in Nieu-Seeland. SAarkie Limited is ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids!

Dié maatskappy spesialiseer in die stuur van pakkies regoor die wêreld. Wat kan dan nou beter wees as om ’n stukkie van Nieu-Seeland huis toe te stuur of ’n stukkie huis terug te ontvang? ’n Pakkie vir SAarkie kies die beste manier om jou pakkie saam met die regte agente op die mees gepaste manier te stuur.

Ons spesialiseer ook in Suid-Afrikaanse polisieklaringsaansoeke van inwoners in Nieu-Seeland, onverkorte huweliks- en geboortesertifikate.  

Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd seWêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net té ver weg is.

Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk. Ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.

Kontak SAarkie Limited

Klik hier om SAarkie Limited se Facebook-blad te besoek.
Klik hier om SAarkie Limited op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels