Wen ’n losie-ervaring vir vier by Afrikaans is Lekker 2025 in Londen

08/05/2025
| Deur Sue-Ann de Wet
Afrikaans is Lekker 2025 Londen

Afrikaans is Lekker is terug – en hierdie keer wag daar ’n unieke ervaring op een gelukkige wenner en drie van hul vriende of familie! AfriForum Wêreldwyd gee jou die kans om vier eksklusiewe losiekaartjies te wen vir die Afrikaans is Lekker 2025-konsert in Londen op 1 Junie 2025 by The Clapham Grand.

Beleef Afrikaans soos nog nooit tevore

Die gewilde Afrikaans is Lekker-konsertreeks, aangebied deur SA Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd as hoofborg, bring jaarliks die hartklop van Afrikaanse musiek na Suid-Afrikaners in die buiteland. Hierdie jaar is geen uitsondering nie. ’n Sterbelaaide lys van Afrikaanse kunstenaars, insluitend Ricus Nel, Liza Nel, Brendan Peyper en Elandré, is reg om Londense gehore te betower met van hul grootste treffers.

Maar hierdie keer is daar ’n ekstra bederf vir een gelukkige deelnemer – en dit kan jy wees!

Wat kan jy wen?

  • Vier kaartjies vir die losie by The Clapham Grand vir die Londen-konsert
  • ’n Intieme en luukse ervaring saam met vriende of familie
  •  ’n Aand gevul met Afrikaanse musiek, kultuur en samesyn

Skryf nou in om te wen!

Vul die onderstaande vorm in om aan die kompetisie deel te neem:

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Inskrywings sluit op 26 Mei 2025
Die wenner word op AfriForum Wêreldwyd se Facebook-blad aangekondig.

Afrikaans oor grense heen

Afrikaans is Lekker is nie net ’n konsertreeks nie – dis ’n viering van taal, kultuur en samesyn. Deur hierdie konserte word die Afrikaanse erfenis lewendig gehou, selfs in die buiteland. Van Dubai tot Londen, en nou ook vir die eerste keer in Dublin en Manchester, brei die toer hierdie jaar selfs verder uit.

Laat die klanke van Afrikaans jou hart warm maak – en skryf vandag nog in om dié eens-in-’n-leeftyd ervaring te wen.

Volg AfriForum Wêreldwyd op Facebook.

Kontak ons by wereldwyd@afriforum.co.za vir enige navrae.

Deel op

Nuutste artikels