Wêreldgids in fokus: Bemarking en kommunikasie

24/09/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Wêreldgids in fokus: Bemarking en kommunikasie

AfriForum Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Die Wêreldgids maak die wêreld bietjie kleiner, maar jou netwerk groter. Ondernemings vanuit alle uithoeke van die aarde kan opgespoor word op die Wêreldgids. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.

Die Wêreldgids spog met 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers regoor die wêreld. Hierdie maand fokus ons op ondernemings in die bemarking en kommunikasie kategorie.

Ipixel Web and Graphic Solutions

Ipixel is die breinkind van ontwerper Anèl Müller wat oorspronklik van Suid-Afrika kom, maar nou in Tauranga, Nieu-Seeland woon. Ipixel het kreatiewe medewerkers regoor Nieu-Seeland en Suid-Afrika.

Ons ontwikkel gebruikersvriendelike, inhoudsgedrewe, funksionele webwerwe, bemarkingsinstrumente vir sosiale media en enige ander drukontwerp wat jou maatskappy se identiteit en wese weerspieël met elemente wat jou van jou mededingers onderskei. Lees meer.

Compton Content Care

Ons gee om oor jou visie. Jou visie word ONS visie. Hoe en wat ons doen, is alles belyn om jou visie te realiseer.

Ons gee om oor jou idee. Ons versorg jou idee om die uitkomste te lewer wat jy met jou gehoor wil bereik.

Ons gee om vir jou handelsmerk. Jou handelsmerk word ONS handelsmerk. Ons investeer in jou sukses. Lees meer.

Paul Esteves

Toe ek ’n tiener was, het my kerk iemand gesoek wat ’n bietjie redigering kon doen van ’n paar van die kampe wat hulle aanbied. Ek het myself toe geleer om in Final Cut 7 te redigeer. Ek was versot daarop! En so het ek aangehou om dit te doen, te leer en nuwe dinge te probeer.

Van daar af het ek by verskeie uitsaaiers as redigeerder, kameraoperateur, fotograaf en fotoredigeerder gewerk.

In hierdie tyd het ek met bewegingsontwerp te doen gekry en ek het daarop verlief geraak. Ek het myself eers After Effects geleer. Die vonk het vinnig versprei en ek het ook Cinema4d, Substance Painter en onlangs Houdini geleer. Lees meer.

Write Array

Ek is ’n kopieskrywer wat spesialiseer in sosiale media, blogartikels en webtuistes.

Ek doen vertaalwerk tussen Engels en Afrikaans.

Ek redigeer CV’s vir werksoekers in Australië. Lees meer.

Umlingo

Ek deel positiewe toerismeverhale sover ek gaan.

Kontak gerus vir Claire vir jou vryskut-openbarebetrekkingebehoeftes.

Ek het meer as 20 jaar ervaring, asook media- en toerismekontake – sonder die operasionele onkostes van ’n Londen-gebaseerde agentskap. Lees meer.


Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.

Dit is van onskatbare waarde om deel van ’n gemeenskap oor landgrense heen te wees!

Lees ook: Wêreldgids in fokus: Bak en spyseniering

Het jy dalk jou eie onderneming in die bemarking in kommunikasie sektor in die buiteland? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za

Foto: Krakenimages/ Unsplash

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels