Natuurhoekie – Die kordaat seekoeikalfie

15/01/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Picture1

Tydens ’n besoek van Two-V Productions se André en Kate aan die Krugerwildtuin het hulle hierdie seekoeikalf raakgeloop wat ’n waterbokbul by die Mesteldam naby Numbihek gejaag het.

Die volgende oggend het Kate en André teruggegaan na die dam toe … en daar was die kordaat kalfie … weer besig om diere te jaag …

Seekoeie is baie territoriaal en die outjie oefen waarskynlik reeds om sy gebied te beskerm.

Seekoeie is merkwaardige diere wat tot ses minute lank onder water kan bly. Gewoonlik word een kalf na ’n dragtigheidstydperk van 225 tot 257 dae gebore. Aanvanklik versteek die ma die kalf in riete. Wanneer kalf en moeder na enkele maande by die res van die trop aansluit, sal ander seekoeikoeie as babawagters optree terwyl die ma gaan wei.

Al die geluide wat julle in hierdie en André en Kate se ander video’s hoor, is die oorspronklike klanke. Teken gerus in op hulle YouTube-kanaal, Two-V Productions en gaan hou van hulle Facebookblad [https://web.facebook.com/OpVlerke]. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word [https://www.kraaluitgewers.co.za]. Dit is ook by die winkels in ruskampe van die Krugerwildtuin te vinde. Let wel dat die boeke slegs in Afrikaans beskikbaar is.

Deel op

Nuutste artikels