Rooibekrenostervoëls (Buphagus erythrorhynchus) pluk hare van hulle gashere af om hulle neste mee uit te voer. Intussen is die twee koedoes, wat in die veld naby die Mazithi-dam in die Nasionale Krugerwildtuin lê, rustig besig om te herkou.
Dankie aan Katie en André van Two-V Productions vir die skakel na die veldtoneel. Teken in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad [https://web.facebook.com/OpVlerke]. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word [https://www.kraaluitgewers.co.za]. Dit is slegs in Afrikaans beskikbaar en kan ook by winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin gevind word.
Kyk ook: Natuurhoekie – Kuier saam in die Nasionale Krugerwildtuin