Natuurhoekie – Tropiese grysbok

28/04/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Wereldwyd-Natuur-Maart-Banner-AFR

Die tropiese grysbok (Raphicerus sharpei) kom in suidelike en sentraal Afrika voor. Hulle is klein, skaam, enkellopende wildsbokkies wat in die droë seisoen blare, botsels, kruie en vrugte vreet. Gras maak ongeveer 30% van hulle dieet uit. Hulle gemiddelde massa is 12 kilogram en hulle word ongeveer 40 sentimeter hoog. Ooitjies is effe groter as rammetjies. Hulle word maklik met steenbokkies en Kaapse grysbokke verwar. Hierdie outjie is suid van Olifantsruskamp in die Nasionale Krugerwildtuin aangetref. Kyk na die lieflike ore ‒ die patroon binne.

Die beeldmateriaal behoort aan Katie en André van Two-V Productions. Teken in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Dit is slegs in Afrikaans beskikbaar en kan ook by winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin gevind word.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels