Oktober se leesgenot vir die jongspan

21/10/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Oktober se leesgenot vir die jongspan

Hiermee die nuutste leesgenot vir die jongspan:

Chakalaka uit ‘n blikkie

Helena droom van ’n pa. Een wat haar met snoepiegeld by die skool aflaai, en haar fliek toe vat as haar ma op ’n bier-binge gaan. Beter nog: Wat van ’n pa wat sommer haar ma se kop ook kan uitsort en hulle een keer ’n jaar see toe vat? Die eerste ding wat sy sal doen as sy so ’n pa kry, is om hulle pienk skedonk-Uno aan die brand te steek. Ná ’n nag vol drama kry sy alles waarvan sy ooit gedroom het. Net om te besef dat bande wat van geboorte af gesmee is nie so maklik verbreek kan word nie. Vind meer uit.

Die doodgewone bure

Wanneer die elfjarige Drico van Vuuren en sy ouers in ’n nuwe spogbuurt intrek, dink hulle aanvanklik die ou, vervalle huis langsaan is onbewoon. Maar dan ontmoet Drico vir Blanche Winterbach – die spookmeisie wat saam met haar spookouers en hulle eienaardige huishoudster daar woon. Drico en Blanche het skaars vriende geraak voordat hulle moet saamstaan om die verkoop van die spoke se huis te keer. Veral omdat Drico se melodramatiese kleinniggie, Kirna-Aubrecia, langsaan wil intrek. Vind meer uit.

Webtuiste

E-pos

Facebook

Instagram

YouTube

Foto: Getty Images/ Unsplash

Deel op

Nuutste artikels