Afrikaans is Lekker 2026: Appel, Bernice West en Elvis Blue op toer in Australië en Nieu-Seeland
Die gewilde Afrikaans is Lekker-konsertreeks keer in Augustus 2026 terug na Australië en Nieu-Seeland, en vanjaar se toer beloof om weer ’n hoogtepunt vir Afrikaanse gemeenskappe oorsee te wees. Die kunstenaars vir Afrikaans is Lekker 2026 is nou amptelik bevestig: Appel, Bernice West en Elvis Blue.
Hierdie drie kunstenaars is van die bekendste name in Afrikaanse musiek en bring elk hul eie unieke styl en energie na die verhoog. Gehore kan uitsien na ’n aand vol bekende treffers, nuwe musiek en die besondere gevoel van saamkuier met ander Suid-Afrikaners.
Toerdatums:
- Christchurch – 14 Augustus
- Auckland – 15 Augustus
- Melbourne – 16 Augustus
- Sydney – 21 Augustus
- Brisbane – 22 Augustus
- Perth – 23 Augustus
Appel, die verhoognaam van Christoph Kotzé, is bekend vir sy treffers wat gereeld die klankbaan van naweke in Suid-Afrika word. Hy is ook ’n gerespekteerde liedjieskrywer wat al liedjies vir groot name soos Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Eden, Bok van Blerk, Laurika Rauch en Jo Black geskryf het.
Bernice West het vinnig haar plek in die Afrikaanse musiekbedryf gevestig met haar vars styl en emosionele liedjies wat gehore reg oor die wêreld raak.
Elvis Blue, een van Suid-Afrika se geliefde storievertellers, is bekend vir liedjies wat temas van geloof, familie en die skoonheid van die alledaagse lewe vier.
Afrikaans is Lekker 2026 word aangebied deur SA Events, met AfriForum Wêreldwyd as hoofborg. Volgens Sue-Ann de Wet, hoof van diaspora by AfriForum Wêreldwyd, speel sulke geleenthede ’n belangrike rol om Suid-Afrikaners oorsee bymekaar te bring.
“Afrikaanse musiek bring mense bymekaar – maak nie saak waar in die wêreld jy woon nie. Afrikaans is Lekker skep ’n ruimte waar ons mense oorsee weer daardie gevoel van gemeenskap en ‘tuis’ kan beleef,” sê De Wet.
Eksklusiewe AfriForum Wêreldwyd-voordeel: 10%-korting vir ondersteuners
As deel van AfriForum Wêreldwyd se betrokkenheid by die toer ontvang AfriForum Wêreldwyd se ondersteuners ook ’n eksklusiewe 10%-korting op kaartjies. Hierdie voordeel is deel van die strewe om Afrikaners wêreldwyd met hul taal, kultuur en gemeenskap verbind te hou.
Kaartjies vir die konserte sal beskikbaar wees vanaf Vrydag 13 Maart op SA Events se webtuiste:
www.southafricanevents.com
Kom kuier saam met hierdie ongelooflike kunstenaars en vier Afrikaans saam met jou gemeenskap in Christchurch, Auckland, Melbourne, Sydney, Brisbane en Perth hierdie Augustus.
Afrikaans is Lekker word aangebied deur SA Events en moontlik gemaak deur die ondersteuning van AfriForum Wêreldwyd en die duisende Suid-Afrikaners wêreldwyd wat hul taal, kultuur en musiek bly vier.
Deel op
"*" indicates required fields
Nuutste artikels



















