Die bondgenote en dwarstrekkers van die Anglo-Boereoorlog

18/11/2021
| Deur Ilze Nieuwoudt
geskied

Deur Ilze Nieuwoudt

Veg of vrede? Voortveg of oorgawe? Bondgenote of dwarstrekkers? Die verhaal van die Anglo-Boereoorlog is nie so duidelik omlyn soos wat dikwels gereken word nie en sluit soms grys areas in. In sy studie – wat ook in 2019 deur Kraal Uitgewers in ’n publikasie omskep is – ondersoek die historikus Leopold Scholtz die komplekse verhoudinge wat daar tussen die regerings van die twee Boererepublieke tydens die oorlog bestaan het.

Die Anglo-Boereoorlog is bekend as ’n bittere stryd tussen die magtigste koloniale mag van die tyd, Brittanje, aan die een kant en die Boererepublieke van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) en die Oranje-Vrystaat (OVS) aan die ander kant. Dié oorlog wat in Oktober 1899 uitgebreek het en tot die bittere einde in Mei 1902 geveg is, was egter nie net ’n stryd tussen Boer en Brit nie. Ernstige geskille rakende oorlogvoering het ook onderling tussen die leierskap van die twee Boererepublieke gewoed.

In sy boek getiteld Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 ondersoek Scholtz die soms wankelrige en wispelturige verhoudinge tussen die Transvaalse en Vrystaatse leierskap. Die boek is ’n uitvloeisel van Scholtz se meestersgraadverhandeling van 1971 en die tweede boek in die Kraal Histories-reeks onder redaksie van prof. Fransjohan Pretorius.

Volgens Pretorius bewys Scholtz se navorsing dat die “eenheid, samewerking en bondgenootskap” tussen die twee republieke nie as ’n gegewe aanvaar kan word nie en dat “die feite dikwels tweedrag en dwarstrekkery bevestig het”.

Uit die studie blyk dit dat die leierskap nie altyd langs dieselfde vuur gesit het nie. Die grootste verskilpunt was, volgens Scholtz, die vraag rakende voortveg of oorgawe. “Vóór die oorlog was die Transvalers diegene wie se snellervingers gejeuk het, wat wou gaan Kakies skiet; die Vrystaters was diegene wat tot die uiterste wou gaan om oorlog te vermy,” verduidelik hy. Sommige Transvaalse leiers, soos genl. Schalk Burger, het die Vrystaters selfs van lafhartigheid beskuldig, “maar toe die oorlog teen die republieke draai, was dit dieselfde Transvalers wat wou boedel oorgee, en dieselfde Vrystaters (veral president M.T. Steyn en genl. C.R. de Wet) wat hulle herhaaldelik moes moed inpraat om voort te veg”.

Die Politieke Verbond wat in 1889 tussen die ZAR en die OVS aangegaan is, het bepaal dat die twee republieke mekaar te hulp sou snel as hulle onafhanklikheid bedreig word. Dit is juis hierdie verbond wat uiteindelik die OVS by die oorlog teen Brittanje betrek het. Hoewel verwag kan word dat die OVS se leierskap ’n mindere rol in die stryd sou speel, was dit veral later in die oorlog, nadat pres. Paul Kruger van die ZAR na Europa vertrek het, die Vrystaatse leiers wat die sterkste na vore gekom het. “Die sterk leierskap wat van Steyn en De Wet uitgegaan het, het die Transvalers duidelik ongemaklik gemaak en soms geïrriteer. Maar dit het hulle op belangrike momente bemoedig en krag verleen in moeilike tye,” meen Scholtz.

Uiteindelik sou die Britte die krake in die verhouding tussen die twee republieke uitbuit. Dit het gevolg nadat Steyn se vertroulike korrespondensie in Julie 1901 in Britse hande geland het en lord Kitchener kon sien hoe die “wind tussen die twee regerings waai”, sê Scholtz. Aangesien die Britte nou geweet het dat die Transvalers nader aan breekpunt as hul susterstaat was, is besluit om vroeg in 1902 ’n bemiddelingsaanbod slegs aan die Transvaalse regering te stuur. Dié optrede het boonop verdere spanning tussen die twee republieke se leierskap veroorsaak.

Die uiteenlopende standpunte wat gedurende die oorlog tussen die twee republieke ingeneem is, is wel volgens Scholtz niks vreemds nie. Hoewel die inwoners van die destydse twee state vandag as ’n byna homogene groep geag word, was dit allermins die geval. “Daar was duidelike verskille,” verduidelik Scholtz. “Die Amerikaanse skrywer James Bryce het die Vrystaat op ’n keer ’n ‘modelrepubliek’ genoem. Die Grondwet was kort, helder en duidelik, en die politieke verhoudinge was op die verkryging van konsensus gemik.” Daarteenoor het Transvaal ’n “verwarde” Grondwet gehad. “Die Transvalers het veel meer onderling rusie gemaak. Daar was selfs korrupsie in Kruger se regering, iets wat nie in die Vrystaat voorgekom het nie.”

Uiteindelik sou verskille tussen die twee groepe ernstige gevolge vir oorlogvoering tydens die Anglo-Boereoorlog inhou en selfs voortduur terwyl oor vrede by Vereeniging onderhandel is.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels