Viering: 100 Jaar Afrikaans – Kroegvasvra in Utrecht

22/04/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Viering: 100 Jaar Afrikaans – Kroegvasvra in Utrecht

Datum: 10 Mei 2025
Tyd: 14:00 – 17:00
Plek: Café Joost
Adres: Achter Sint Pieter 3, 3512 HP Utrecht

Kom vier saam met ons die 100ste herdenking van Afrikaans as amptelike taal van Suid-Afrika! In die vroeë jare was Afrikaans nog wetlik gesien as ’n variëteit van Nederlands, maar later het dit sy eie status as selfstandige taal verwerf. Dis dus gepas om hierdie eeufees van vriendskap in ’n eg Hollandse kroeg te vier!

Wat om te verwag?
’n Heerlike kroegvasvra vol interessante feite, geskiedenis, musiek en ’n paar lagwekkende Afrikaanse woorde! Kom toets jou kennis en vorm ’n wen-span saam met familie of vriende.

Ons sal betaal vir die eerste drankies en versnapering!

Die vasvra begin omstreeks 14:30 en duur tot sowat 16:00. Daarna is daar tyd om verder te gesels en iets te drink tot 17:00. Indien jy belangstel, is daar ook die geleentheid om daarna saam (op eie koste) in Utrecht te gaan eet.

Koop jou kaartjies(lede) hier.
Koop jou kaartjies (nie-lede) hier.

Vir meer inligting: Viering: ‘100 jaar Afrikaans’ in Utrecht

Deel op

Nuutste artikels