Die immergewilde Afrikaans is Lekker-konsertreeks keer in Augustus 2025 terug na Australië en Nieu-Seeland met ’n splinternuwe toer. Hierdie kultuurbaken, aangebied deur SA Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd, het deur die jare gegroei tot een van die grootste en mees geliefde byeenkomste van Afrikaanse musiek en erfenis oorsee.
Ons is opgewonde om aan te kondig dat van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars, soos Ruhan du Toit, Bobby van Jaarsveld, Corlea en JD Mars, deel van hierdie toer sal wees. Dié topklaskunstenaars gaan ongetwyfeld die gehoor betower met hulle treffers. Hierdie is nie net vertonings nie – dis ervarings wat konsertgangers nog lank sal bybly.
Die toer skop af in Hamilton op 15 Augustus en sluit af in Sydney op 24 Augustus. Die volledige toerprogram is soos volg:
- 15 Augustus 2025 – Hamilton
Koop jou kaartjie hiér. - 16 Augustus 2025 – Auckland
Koop jou kaartjie hiér. - 17 Augustus 2025 – Wellington
Koop jou kaartjie hiér. - 22 Augustus 2025 – Brisbane
Koop jou kaartjie hiér. - 23 Augustus 2025 – Perth
Koop jou kaartjie hiér. - 24 Augustus 2025 – Sydney
Koop jou kaartjie hiér.
Volgens Arno Nel, eienaar van SA Events en organiseerder van die konsertreeks, is hierdie konserte veel meer as net musiekvertonings: “Dit is waar ou vriende en gemeenskappe bymekaarkom. Dit is ’n plek om nuwe vriende te maak, lekker saam te kuier en jou taal en kultuur uit te leef. Om gelukkig te wees in jou nuwe land, beteken nie dat jy jou mense en kultuur versaak nie. Hierdie optredes bring daardie gevoel van ‘tuis’ terug.”
AfriForum Wêreldwyd, as hoofborg van die toer, sien dié projek as ’n kragtige manier om Afrikaners in die buiteland te help om hul kulturele bande te behou. “Afrikaans is die polsende hart van ons gemeenskap, ongeag waar jy woon. Ons kultuur en taal is iets om te vier en te bewaar. Met AfriForum Wêreldwyd kan Afrikaners in die buiteland deel wees van ’n wêreldwye netwerk wat hulle ondersteun en help om hul erfenis lewend te hou,” sê Sue-Ann de Wet, hoof van Diaspora by AfriForum.
Besoek gerus www.southafricanevents.com vir kaartjiebesprekings en meer inligting, of stuur ’n e-pos na events@southafricanevents.com.
Teken ook in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief om op hoogte te bly van kulturele gebeure, wenke vir ekpats en die nuutste nuus uit jou gemeenskap. Vier jou taal, jou mense, jou erfenis – waar jy ook al is!
Moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie – bespreek jou kaartjies vandag en wees deel van iets besonders.
Deel op
Nuutste artikels