Druk-op-aanvraag-diens: Maklike, gerieflike en bekostigbare toegang tot Lig in Duisternis Uitgewers se publikasies

14/04/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Druk-op-aanvraag-diens: Maklike, gerieflike en bekostigbare toegang tot Lig in Duisternis Uitgewers se publikasies

Promosie

Elkeen van ons het vriende of familie wat ʼn nuwe tuiste iewers in die buiteland gevind het. Baie van hulle woon in lande waar Afrikaanse literatuur nie geredelik beskikbaar is nie.

Lig in Duisternis Uitgewers (LIDU) het ʼn manier gevind om grense te oorbrug om Afrikaanse, Christelike publikasies op ʼn bekostigbare wyse in die hande van ons geliefdes te plaas.

Met Amazon se druk-op-aanvraag-diens kan jy, en jou geliefdes in die buiteland, LIDU-publikasies sonder invoerkoste aankoop. Of jy net die afstand tussen jou en jou geliefdes met ‘n kosbare geskenk wil verklein, en of jou vriende in die buiteland op groot maat vir Bybelstudiegroepe wil bestel, die druk-op-aanvraag-diens het geen beperking op die hoeveelheid boeke wat bestel of gedruk word nie. Sodoende kan jy moeiteloos ʼn LIDU-publikasie op die druk-op-aanvraag-diens bestel.

Lees ook: Lig in Duisternis Uitgewers se boeke nou (makliker) wêreldwyd beskikbaar

Deel op

Nuutste artikels