Eerste Afrikaner-vlugtelinge landuit – dít is ’n ernstige aanklag téén ANC-geleide regering

12/05/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Eerste Afrikaner-vlugtelinge landuit – dít is ’n ernstige aanklag téén ANC-geleide regering

Die burgerregteorganisasie AfriForum bestempel gisteraand se vertrek van die eerste groep Afrikaner-vlugtelinge na die VSA as ’n ernstige aanklag teen die ANC-geleide regering wat steeds weier om oproepe tot geweld teen Afrikaners, soos wat deur die “Kill the Boer”-dreunsang gedoen word, te veroordeel.

“Hierdie Afrikaners se vlugtelingskap is die direkte gevolg van die ANC-geleide regering se teikening van Afrikaners en ander minderheidsgemeenskappe deur middel van diskriminerende rassewetgewing en drakoniese rasseregulasies. Die nuwe Onteieningswet, wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak, plaas Afrikaners en ander grondeienaars ook in die regering se spervuur,” beklemtoon Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Te midde van dié omstandighede is AfriForum egter vasbeslote om saam met ander instellings van die Solidariteit Beweging voort te gaan met pogings om ’n toekoms vir Afrikaners hier aan die suidpunt van Afrika te help skep. Om dit te bereik, sal AfriForum en die Solidariteit Beweging volstoom voortbou aan verskeie selfstandige projekte om, ongeag ’n vyandige owerheid, ’n toekoms te verseker. AfriForum sal dit onder meer doen deur die voortdurende uitbreiding van die organisasie veiligheidstrukture en noodsaaklike kulturele infrastruktuur.

“AfriForum en ons bondgenote sal ook ons pogings verskerp om elke moontlike drukmeganisme tot ons beskikking, insluitend internasionale druk, aan te wend om ’n rigtingverandering in die land te bewerkstellig tot voordeel van almal, insluitend Afrikaners,” sê Kriel.

Hy benadruk ook dat AfriForum die persoonlike besluit van dié vlugtelinge respekteer wat gegewe hul spesifieke omstandighede, besluit het om die land te verlaat. AfriForum sal voortgaan om deur sy Wêreldwyd-netwerk (www.wereldwyd.co.za) kontak met soveel moontlik Afrikaners in die buiteland te behou en kulturele dienste aan hulle te lewer.

Klankgreep: Kallie Kriel (Afrikaans)

Deel op

"*" indicates required fields

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels