Vir jou as Suid-Afrikaner en spesifiek Afrikaner tans woonagtig in die buiteland, in watter plek ook al, beteken die Gelofte van Bloedrivier en wat daarmee saamhang, nog vir jou iets? Terwyl jou gevoel gerespekteer word, wat daarvan om daar waar jy jou op 16 Desember vanjaar mag bevind, die Gelofte wel te herdenk?
Herdenking kan in gesinsverband in jou woning wees, of jy en jou gesin kan saam met paar ander Afrikaners op ’n sentrale plek bymekaarkom en dié vier. Hoekom die onderwerp opper, is omdat die aanlynpublikasie DitsemBlits al die afgelope jare jaarliks ’n Geloftefeeskalender saamstel van Geloftefeeste en -dienste wat waar ookal gehou word.
In die 2025 uitgawe van die Kalender is ‘n totaal van 223 Geloftefeeste en -dienste in SA en in die buiteland gelys – sien by www.geloftefeeskalende.co.za. So is in die Geloftefeeskalender aangeteken van Geloftefeeste en -dienste in Namibië, Australië, Nieu-Zeeland en die VSA.
Ons wil egter graag in hierdie verband uitreik na meer Afrikaners in meer lande in die buiteland en as jy as diaspora die Gelofte op 16 Desember wel herdenk, maar die geleentheid nog nie in die Geloftefeeskalender opgeneem is nie, laat gerus weet by die kontakbesonderhede hieronder. Indien jy nog nie die Gelofte op 16 Desember herdenk nie, maar dit wel vanaf vanjaar wil doen, skakel gerus in by ‘n bestaande herdenking, of andersins reël ‘n geleentheid van nuuts af.
Iets nuuts kan klein begin, selfs by ‘n woning, of selfs indien afstand en fisiese omstandighede ‘n probleem is, kan dit d.m.v. digitale kommunikasie bv. met Zoom, Teams, ens. geskied. Waar nodig in hierdie verband, is hulp en ondersteuning beskikbaar.
Waar herdenkings gereël word – by herhaling of nuut – stuur asb. basies besonderhede soos die betrokke land, dorp of stad en naam van kontakpersoon met kontakbesonderhede aan: E-posadres gelofte@ditsem.net of selnommer +27 82 773 2150, vir aandag Johann Dannhauser.
Deel op
Nuutste artikels