Hoe is dit moontlik dat musiek ’n mens so kan vervoer, en meevoer?

22/05/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Hoe is dit moontlik dat musiek ’n mens so kan vervoer, en meevoer?

Deur Jeannie van Zyl

My man het vir ons die kaartjies gekoop, want hy weet hoe baie ons (die twee klein seuntjies inkluis) Early B se musiek geniet! Ons hop en spring op die bed en dink ons kan dans en rap, en sy liedjies is groot op my gim-speellys.

Maar ek het nie rekening gehou met hoeveel Francois van Coke en Die Gevaar se musiek met my hart sou praat nie. 

Dit was ’n massiewe ervaring. 

In die oomblik (tydens die konsert) het ek hierdie woorde neergeskryf:

My verlede in Suid-Afrika,
My lewe – vol – hier ver.
My hart tussen alles, tydloos,
Stukkend, maar ook heel.

Al die emosies
Al die gevoel
Die woorde … Herinneringe …
JARE
Wat in musiek deur my spoel.

Wat ’n aand.

Ek het terselfdertyd gevoel soos ’n student saam met my ou vriende by die koshuis of in die Square by Tukkies, ’n jong iets-in-die-twintigs werkende in Bellville, en my huidige laat-dertigs-self-met-twee-kinders-en-’n-mortgage hier in Sydney (Australië). 

Hoe is dit moontlik dat musiek ’n mens so kan vervoer, en meevoer?

In die vlees was ek saam met my man en vriendinne wat hierdie nuwe lewensfase in ons nuwe land meemaak; maar in my hart ook saam met skoolvriende, koshuismaats en ou kollegas wat nou reg oor die wêreld woon en werk.

Die trane het gerol toe “Ek Skyn (Heilig)” speel en daar is gespring dat dit bars op “Smells Like Teen Spirit”.

Dit was ’n onvergeetlike aand. 

Ek is so dankbaar om dit te kon beleef, en om die kunstenaars in persoon te kon ontmoet. Wat ’n voorreg! (definitief ’n pluspunt van ’n venue met minder mense as die duisende voor wie hierdie ongelooflike musikante gewoonlik in Suid-Afrika optree).

Baie dankie vir SA Events, AfriForum Wêreldwyd, Oorsee en natuurlik Early B, Francois en die Gevaar wat ons só kom bederf het! En ons kon as ’n bonus die volgende dag vir Steven Phyffer van Oorsee baie lekker rond wys in Sydney en Manly!

Groete en liefde uit Sydney

Jeannie

Deel op

"*" indicates required fields

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels