Internasionale druk by gebrek aan aanspreeklikheid*

23/05/2018
| Deur AfriForum Wêreldwyd
5630fb29579a4a729de426fb30849da6

Die afgelope tyd is AfriForum in die spervuur as gevolg van sommige kommentators en ANC-ondersteuners omdat verteenwoordigers van dié organisasie bewusmaking in die buiteland oor brandpunte in die land skep. Net so word buitelandse meningsvormers wat kritiek jeens die Suid-Afrikaanse regering uitspreek, summier veroordeel.

Die partyondersteuners het duidelik eie ideologiese motiewe. Oor die ander kommentators kan ’n mens net wonder. Kan dit wees dat hulle dink die kwessies waaroor AfriForum bewusmaking probeer skep, “normaal” is?  Weet ons in Suid-Afrika nog wat “normaal” is?

Vroeër vanjaar sterf ’n vriendin se pa aan sy hart op ’n plaas. Ek simpatiseer. Haar antwoord is: “Dit klink seker verskriklik, maar ek is só dankbaar my pa is só oorlede en nie in ’n aanval nie.”  ’n Maand later sterf die ouma van ’n kollega ná ’n lang siekbed. Weer simpatiseer ek en weer is haar eerste woorde: “Dankie, maar ek kon nie help om bly te wees dat Ouma só dood is, en nie as gevolg van misdaad nie.”

Is daar enigeen wat hier lees wat eerlik kan sê hulle het nie ook al gevrees dat hul geliefdes in Suid-Afrika die slagoffer van een of ander misdaadinsident gaan word nie? Hoe kan ’n mens dan verstaan dat mense statistiektoertjies, definisiespeletjies en sakrekenaaroefeninge doen om te probeer bewys dat plaasmoorde “nie so erg is nie” en dat bewusmaking daarvoor in die buiteland, by versuim van ons regering om prioriteitsaandag hieraan te wy, nie moet geskied nie?

Dieselfde kan gesê word van alle ander kategorieë geweldsmisdaad in die land. AfriForum fokus veral op plaasaanvalle en -moorde, maar nie net daarop nie. Ons kla ook nie net nie, maar bemagtig gemeenskappe om hulself deur deelname aan, byvoorbeeld, buurtwagte te beskerm. Dié aksies vind in samewerking met die polisie plaas, dus is dit ook nie ’n poging om “laer te trek”, soos die negatiewe kommentators tog so graag skryf nie.

Die Australiese minister van binnelandse sake, Peter Dutton, het vroeër vanjaar verklaar dat Suid-Afrikaners hulp van ’n “beskaafde land” soos Australië verdien. Meer lande begin gebeure in ons land as onbeskaafd tipeer. So berig ’n Nigeriese nuusblad byvoorbeeld in Maart vanjaaroor die groot hoeveelheid slagoffers van xenofobie in Suid-Afrika en voeg by “… this is the time for concrete actions to stop the barbarism that is fast becoming a norm in South Africa”.

Hierdie kommentaar het niks met AfriForum te doen nie. Dit is die gevolg van buitelandse regerings en mediakanale se kennisname van die abnormaliteit van misdaadgebeure in die land. Die redes waarom hulle dit noem, mag dalk uit eiebelang spruit, maar dit beteken nie dat hul waarnemings verkeerd is nie. In plaas daarvan om gedeelde kommer uit te spreek, spring Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Lindiwe Sisulu, egter op haar perdjie en eis verskonings van die buitelanders, terwyl AfriForum van leuens en oordrywing beskuldig word.

Vir ’n lang tyd het die Suid-Afrikaanse en ander Afrika-regerings op die rug van Westerse skuldgevoelens oor kolonialisme gery om hul eie foute te probeer verdoesel. Hierdie morele hoë grond wat hulle hulself toeëien, begin egter stadig maar seker wegkalwe weens die gebrek aan aanspreeklikheid vir eietydse probleme.

By ’n byeenkoms op 5 November 2016, aangebied deur Stigting Max van der Stoel en die Stigting vir Europese Progressiewe Studies, het ’n linkse parlementslid van die Europese Unie (EU) en die Rwandese ambassadeur in Nederland mekaar in die hare gevlieg oor verhoudinge tussen Europa en Afrika. Die parlementslid het genoem dat sy die afgelope dekade ervaar dat dit moeiliker raak om verhoudings met Afrika in stand te hou omdat Afrika-vennote in eindelose retoriek met verwyte oor kolonialisme en neokolonialisme verval, en aandring op vergoeding vir gebeure van die verlede. Boonop maak Afrikalande se minagting vir die beginsels van ’n regstaat dit moeilik om bande met die kontinent te hou. Sy het hier spesifiek na Suid-Afrika se poging om aan die internasionale strafhof te onttrek, verwys.

Die ambassadeur het hierop reageer deur Europa van paternalisme en wanbegrip vir swart pyn te beskuldig. Sprekers uit die gehoor het egter die EU-parlementslid se standpunte ondersteun. ’n Jong swart besigheidsman uit Botswana het gesê hy probeer nie eens meer deelneem aan amptelike handelsafvaardigings nie, want hy weet dit gaan ’n oprakeling oor kolonialisme word en sy professionele besigheidsplan gaan óf nie voorgelê word nie óf gediskrediteer word daardeur.  Hy wil nie verskonings hê nie, hy wil net soos enige ander sakeman in Europa besigheid doen, maar ideoloë van Afrika ontneem hom van die kans om ernstig opgeneem te word.  Ongelukkig gaan stemme van rede soos syne in die geraas van die ideoloë verlore.

Hierdie kriewelrigheid waarvan die EU-parlementslid gepraat het, het verlede week ook weer sigbaar geword tydens ’n konferensie oor migrasiestrome tussen Europa en Afrika, aangebied deur die Konrad Adenauer Stigting in die Pan-Afrika Parlement. Terwyl verteenwoordigers van Afrikalande gekla het oor die behandeling van migrante in Europa, was verskeie EU-parlementariërs se boodskap deurgaans dat indien Afrikalande goeie, verantwoordelike bestuur sou toepas, hul burgers nie op groot skaal sou wou emigreer nie en dat dit is waar die oplossing vir die probleem begin. Toe verwyte oor die omstrede Europese verlede in Afrika opklink, het die Franse EU-parlementslid Nadine Morano summier verklaar: “Ek sal luister na argumente oor kolonialisme en slawerny, maar onthou, ons is in 2018.”

Dus, ongeag van AfriForum en ander nieregeringsorganisasies se bewusmaking al dan nie, is regerings soos dié van Suid-Afrika se onvermoë om goeie bestuurspraktyke toe te pas en die oppergesag van die reg te handhaaf, asook hul versuim om aanspreeklikheid vir die gevolge daarvan te aanvaar, al meer sigbaar. Solank hierdie houding gehandhaaf word, gaan migrasie van veral broodnodige hooggeskooldes uit Afrika voortduur, sal kritiek van ander regerings gehoor word en is dit die plig van organisasies soos AfriForum om bewusmaking hieroor te skep.

Ons kan nie met gevoude hande wag om te sien hoe ver omstandighede kan verswak nie, maar moet aktief bou aan ’n beter toekoms – onder meer ook met die aktivering van internasionale druk.

* Hierdie artikel het oorspronklik op Maroela Media se webblad verskyn en word met Maroela Media se toestemming op Wêreldwyd gedeel.

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels