Mrs Ball’s se blatjang, Ouma Beskuit, All Gold-tamatiesous, rooibostee, Niknaks, biltong, droëwors … Dié produkte is so trots Suid-Afrikaans soos Sarie Marais of ’n skuurskoffel op ’n Saterdagaand. Wêreldwyd se Wêreldgids is waar jy eg Suid-Afrikaanse inkopies in jou kontrei kan doen.
Hiermee vyf oulike ondernemings vir die maand:
- Kalahari Biltong: https://www.wereldwyd.co.za/wereldgids/listings/kalahari-biltong/
- OZSA South African Delights: https://www.wereldwyd.co.za/wereldgids/listings/ozsa-south-african-delights/
- Jack and Lil’s: https://www.wereldwyd.co.za/wereldgids/listings/jack-and-lils/
- SA Shop Ireland: https://www.wereldwyd.co.za/wereldgids/listings/sa-shop-ireland/
- YUMSA: https://www.wereldwyd.co.za/wereldgids/listings/yumsa/
Verken die gids hier of lys jou eie onderneming gratis. Ondersteun jou landgenote en netwerk met ander Suid-Afrikaners in jou omgewing! Jy kan as eienaar van ’n besigheid jou eie profiel hê waar jy kan inteken en veranderinge maak soos jou sake-onderneming verander en groei.
Dié gids het ten doel om mense wat soos vreemdelinge in die buiteland voel, te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun. Laat weet Wêreldwyd van oulike eg Suid-Afrikaanse besighede in die buiteland en ondersteun jou landgenote.
Deel op
Nuutste artikels