Jou Wêreld – Fotokompetisie

09/05/2019
| Deur AfriForum Wêreldwyd
JW-SODA

Aandag alle Suid-Afrikaners in die buiteland:

Ondersteun jy jou mede-Suid-Afrikaner se onderneming in die buiteland? Ons wil van jou hoor!

Neem ’n selfie voor jou gunstelingonderneming wat in Suid-Afrikaanse besit is en wen! Wêreldwyd wil graag drie gelukkige wenners met ’n geskenkbewys van De Afrikander Handelshuis ter waarde van R500 elk bederf. Moenie oor die koerierkoste bekommer nie; dit is op ons.

Stuur jou unieke foto’s na wereldwyd@afriforum.co.za met die volgende besonderhede:

  1. Wie is in die foto?
  2. Vertel ons van die onderneming.
  3. Hoekom juis hierdie onderneming?
  4. Vertel ons meer van jou: Waar woon jy, hoe lank woon jy al daar en sommer iets interessant oor jou.

Deel op

Nuutste artikels