Deur ‘n gedeelte van die Monument te ‘koop’, kry die ‘koper’ ‘n sertifikaat wat aandui watter gedeelte van die Monument hy/sy ‘gekoop’ het. Die name word dan in die Voortrekkermonument se argief aangeteken vir die nageslag as diegene wat tydens hierdie ernstige krisis ‘n verskil gemaak het deur finansieel by te dra. Hy/sy word dan ook ere-‘eienaar’ van die Monument. Die Monument bestaan uit ‘n groot aantal argitektonies-belangrike elemente en kunswerke soos die hoekfigure, die marmerfries-panele, granietstene, die venstertjies, die walaer en so meer. Pryse wissel van R20 per trappie tot R100 000 vir een van die marmerfries-panele.
Die groot, grys granietkolos is uit alle rigtings sigbaar as Pretoria genader word … die massiewe Voortrekkermonument, gebou ter ere van die Voortrekkers wat die Kaapkolonie tussen 1835 en 1854 in hulle duisende verlaat het. Die argitek was Gerard Moerdijk en dit was sy ideaal om ‘n monument te ontwerp wat as ‘n “gedenkteken duisend jaar en langer moet staan om aan die nageslagte die geskiedenis en betekenis van die Groot Trek te verduidelik.”
LEES OOK: Feiteflits: die Voortrekkermonument
Deel op
Nuutste artikels