Lizzie van Zyl – en ander soos sy

06/07/2019
| Deur Ilze Nieuwoudt
lizzie-van-zyl-en-ander-soos-sy

Lizzie van Zyl se uitgeteerde liggaampie bly skokkend. Dié sewejarige Boeremeisie is in die geskiedenisboeke verewig juis vanweë haar bittere lyding en dood wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Bloemfonteinse konsentrasiekamp afgespeel het.

Lizzie is vandag die simbool van die lyding wat derduisende kinders gedurende die oorlog moes deurmaak. Haar verhaal is een van wreedheid en tot vandag toe nog bring die bekende foto van Lizzie op haar sterfbed die realiteit tuis van die ongeregtigheid wat teenoor kinders gedurende die oorlog gepleeg is.

Die Britse aktivis, Emily Hobhouse, wat vanaf Januarie tot Junie 1901 ses verskillende konsentrasiekampe besoek het, het ook besoek afgelê by die Bloemfontein-kamp. Dit was hier waar sy die sterwende Lizzie teëgekom het.

Oor dit wat Emily gesien het, skryf sy later breedvoerig. Sy vertel dat sy Lizzie gereeld gesien het waar sy op ʼn klein matrassie na haar asem lê en hyg het. Emily het opgemerk hoe Lizzie se ma, met die min wat sy tot haar beskikking gehad het, probeer het om na haar dogter om te sien.

Sy skryf ook later oor Lizzie: “Sy was ʼn brose, verswakte klein kindjie wat desperaat goeie sorg nodig gehad het. Maar omdat haar ma een van die ongewenstes was – aangesien haar pa nie oorgegee het of sy mense verraai het nie – is Lizzie op die laagste rantsoen geplaas. So het sy gekwyn van die honger en ná ʼn maand in die kamp is sy na ʼn nuwe klein hospitaal oorgeplaas. Hier is sy wreed behandel. Die Engelse dokter en sy verpleegsters het nie haar taal verstaan nie en sy kon nie Engels praat nie. Hulle het haar as ʼn idioot bestempel terwyl sy verstandelik niks makeer het nie. Die een dag het sy neerslagtig na haar ma geroep waarna ʼn mevrou Botha na haar geloop het om haar te vertroos. Dié het die kind vertel dat sy gou weer haar ma sou sien, maar Botha is deur een van die verpleegsters onderbreek wat haar vertel het dat die kind net lastig was.” Lizzie is kort na hierdie voorval oorlede.

Die foto van die sterwende Lizzie is in ʼn stadium aan die Britse media versprei en hoewel Emily se doel was om die omstandighede in die konsentrasiekampe oop te vlek, het sy in haar tuisland baie teenkanting ontvang. Sommige het selfs teen Lizzie se ma en ander soos sy uitgevaar en moeders van wreedheid teenoor hulle eie kinders beskuldig. Daar is met alle mag en mening gepoog om mense in Brittanje te oortuig dat dit eintlik die skuld vir die lyding en uithongering eintlik op die Boere-moeders geplaas moet word. Daar is selfs gemeen dat dit weens die moeders se eie onnoselheid en agterlosigheid gebeur het.

Wie was Lizzie werklik?

Die foto van Lizzie van Zyl op haar sterfbed is in die Bloemfonteinse konsentrasiekamp geneem. In haar arms lê ʼn klein porseleinpoppie wat volgens oorlewering deur Emily Hobhouse aan Lizzie gegee is. Volgens ʼn navorsingstuk wat deur navorsers aan die Universiteit van Kaapstad oor die konsentrasiekampe opgestel is, is Lizzie in Mei 1901 oorlede. Die studie beklemtoon dat aangesien kampregisters by die Bloemfontein-kamp nie goed bygehou is nie, is dit nie presies seker wie Lizzie was nie. Daar word egter beweer dat sy Elizabeth Cecilia van Zyl was wat oorspronklik van die plaas Twitsniet in die Ventersburg-omgewing afkomstig was.

Lizzie was volgens navorsing een van sewe kinders en deel van ʼn bywonersgesin. Ten tye van Lizzie se dood was haar ma 31 jaar oud. Lizzie was nie die enigste kind in die Van Zyl-gesin wat gesterf het nie. Teen Maart 1902 sterf haar boetie Hermanus Egbert en in Februarie sterf Hester Wilhelmina (wat waarskynlik Lizzie se suster was).

Kampe van die dood

Lizzie is in 1901 in die Bloemfonteinse konsentrasiekamp oorlede. Die kampstelsel het tot die dood van nagenoeg 28 000 Boere gelei. Hiervan was nagenoeg 22 000 kinders. Daar is tydens en na die oorlog baie geskryf oor die haglike omstandighede in die kampe sowel as die hospitale waarin Boere behandel is. In die boek Stemme uit die Verlede word die ervaring van vroue in die oorlog oorgedra. Die een verduidelik: “Ons is banger vir die hospitale as vir die dood.” Nog ʼn persoon word skryf oor die kampe: “Dit het dikwels gebeur dat pasiënte wat slegs ʼn geringe siekte onder lede gehad het, met geweld van die protesterende moeder of familielede se tente weggehaal is om hospitaal toe vervoer te word. Ná ʼn paar dae is hulle meestal grafwaarts gedra.” ʼn Ander sê: “Dit was eenvoudig ʼn wonderwerk as ʼn kindjie na die hospitaal gegaan en weer lewend uitgekom het.”

Besoek gerus Kraal Uitgewers se webtuiste:

Lees ook: Maria Koopmans-De Wet: Die vergete heldin

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels