Daar is sekere geure wat jou onmiddellik huis toe neem – al is “huis” duisende kilometers ver. Vir baie van ons mense wat oorsee woon, is dit juis kos wat herinneringe wakker maak, stories vertel en ’n gevoel van behoort skep. In hierdie uitgawe van Onderneming in die kollig stel ons ’n onderneming bekend wat presies dit doen: met elke happie word ’n stukkie Suid-Afrika weer lewendig.
Hierdie week neem ons jou na die Verenigde Koninkryk, waar Fika Coffee House die geleentheid bied vir familie en vriende om bymekaar te kom en ontspan oor ‘n koppie koffie.
As a family, we hold a deep passion for bringing joy and happiness to everyone we encounter, and we genuinely hope to keep you smiling and enjoying your daily cup of coffee with us.
Ondernemings soos Fika Coffee House wys hoe ons mense hul kultuur, vaardighede en entrepreneursgees saamneem, waar hulle ook al wortelskiet. Dit is juis hierdie stories van aanpas, bou en bydra wat die Wêreldgids so waardevol maak – ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings mekaar vind en ondersteun, ongeag landsgrense.
Het jy ook ’n onderneming oorsee, of ken jy een wat verdien om raakgesien te word?
Registreer dit op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids en word deel van ’n groeiende netwerk wat gehalte, diens en identiteit wêreldwyd sigbaar hou.
Kontak ons by wereldwyd@afriforum.co.za – ons hoor graag jou storie!
Deel op
"*" indicates required fields
Nuutste artikels



















