Dié week se kollig val op The Crow’s Nest Restaurant in Spanje.
The Crow’s Nest Restaurant is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.
Lees meer oor The Crow’s Nest Restaurant:
’n Huislike atmosfeer en kreatiewe spyskaart met ’n paar Suid-Afrikaanse spesialiteite. Billike pryse, vriendelike diens en goeie musiek. Onvergeetlik!
Ons klein restaurant beoog om toe te sien dat elke keer wat jy by ons deur instap, jy ’n onvergeetlike ervaring sal hê. Ons ontwerp ons spyskaart om tevrede te stel, ons rustige liedjies sal jou by jou bly en ons gasvryheid sal jou bederf.
Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Vat vandag nog ’n kans en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.
Bestuur of besit jy ’n restaurant in die buiteland? Of weet jy van ’n restaurant of bakkery wat eg Suid-Afrikaanse melkterte, malvapoedings en Peppermint Crisp-terte bedien?
Kontak The Crow’s Nest Restaurant
Klik hier om The Crow’s Nest Restaurant se webtuiste te besoek.
Klik hier om The Crow’s Nest Restaurant op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.
Deel op
Nuutste artikels