Manewales van Ruben Lambrechts en sy diere
Deur Pieter Van Zyl
Ruben Lambrechts en sy gesin is oor die wêreld heen bekend vir hulle Namibiese plaaswerf waar ‘n verskeidenheid wilde diere dolgelukkig saam met die gesin woon. Die diere is nie troeteldiere nie en bly nie in hokke nie. Ontmoet meerkatte Minki en Jerry, vlakvarke Betsie en Bennie, Cindy die bobbejaan en vele meer in hierdie boek met ses stories vir kinders. Foto’s en illustrasies sorg vir volkleur-dieremanewales op elke bladsy!
ISBN: 9780624092216
Uitgewer: Tafelberg
Datum vrygestel: Oktober 2025
Prys: R 250,00
Formaat: Sagteband
Ruben Namibië en Cindy
Klik hier om die boek te koop.



















