“Vat jou goed en trek!”

17/10/2018
| Deur Ilze Nieuwoudt
andrew-neel-1047563-unsplash

Dit gebeur alte dikwels dat die woorde van ’n liedjie of gedig in die volksmond vashouplek kry en tot ’n gesegde omvorm word. Só is die woorde “Vat jou goed en trek, Ferreira” reeds so tuis in die Afrikaanse spreektaal dat dit nouliks ’n verduideliking kos aan die arme siel wat dié woorde toegesnou word. Dit is egter te verstane dat dié gesegde reeds sy intrek geneem het, want van die eerste verwysings na die gelyknamige liedjie is reeds in 1870 opgeteken. Sedertdien is dit in talle sangbundels opgeteken en word dit reeds geslagte lank gesing.

In ’n artikel deur dr. S.J. du Toit wat op 29 Januarie 1932 in Huisgenoot verskyn het, word die oorsprong van dié bekende volksliedjie ondersoek. Volgens Du Toit is daar, soos die geval is met baie ander volksliedjies, telkens nie net een “ware” verhaal oor die ontstaansgeskiedenis nie. “’n Klein vyftig jaar, selfs minder, is in die reël genoeg om die sluier van vergetelheid oor die oorsprongsgeskiedenis van ’n volksliedjie te trek,” verduidelik hy.

Volgens sy navorsing het Hendrik P.N. Muller reeds in 1889 in sy boek Zuid-Afrikaanse Reisherinneringen verwys na ’n liedjie wat deur ’n kommando op pad na Stellaland gesing is met die volgende woorde: “Vat jou goed en trek, Pereira! / Vat jou goed en trek! Al aan die een kant zwaard dra, / Al aan die een kant zwaard dra, ja, ja / Jannie met die hoepelbeen.” Muller het ook gereken dat Jannie “een oud voortrekker” was.

Die oorsprong van die liedjie is egter nie heeltemal duidelik nie – en volgens oorlewering het verskeie persone al beweer dat dié of daardie persoon die eintlike “Jannie met die hoepelbeen” was. Du Toit verwys in sy navorsing na twee oorsprongsverhale. In die eerste kom die liedjie oorspronklik na aanleiding van ’n oorywerige vryer van Somerset-Oos. Die mank wewenaar het blykbaar “’n sekere jong dame met meer besoeke vereer as [wat vir] haar eintlik aangenaam was. Saam met ’n vriendin het sy toe Vat jou goed en trek, Ferreira gedig.” Kort voor lank het die dorp ook aan die sing geraak en het die wewenaar sy besoeke gestaak.

Volgens die tweede weergawe, wat reeds in 1870 oorvertel is, is dié liedjie as ’n bespotting op die een of ander Bolandse dorpie deur die plaaslike werkersgemeenskap gesing. Hiervolgens was Ferreira die ongelukkige vent wie se vrou deur sy vriend afgevry is. Dié het toe besluit om die dorp te verlaat en sy vrou agter te laat “in besit van sy suksesvolle mededinger”. Du Toit vertel dat hoewel die man se naam nie “Jan Ferreira” was nie, het hy wel “’n paar baie krom bene gehad”. Die werkers het juis om veiligheidsredes ’n skuilnaam vir hul spotliedjie gekies.

“Jannie met die hoepelbeen” het dus na dié man verwys terwyl “al aan die eenkant swaar dra” blykbaar volgens Du Toit na “die toestand van sy vrou” verwys het. Of Du Toit met die woord “toestand” na ’n swangerskap verwys, is nie duidelik nie, maar dit wil so voorkom.

Daar is egter nog weergawes opgeteken – soos dié een in dr. Anton Prinsloo se boek Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom (uitgegee deur Pharos). Volgens dié weergawe, wat oorspronklik in die vrouetydskrif Die Boervrou van Oktober 1926 opgeteken is, was Annie Malony die komponis van die wysie. Sy het eens op die plaas van ene Van Aart in Somerset-Oos tuisgegaan. Van Aart se buurman was volgens oorlewering ’n Ferreira met die bynaam Hoepelbeen – sy een been was korter as die ander. Hoewel Van Aart die plaas by Hoepelbeen gekoop het, wou dié eenvoudig nie van die grond af padgee nie. Dit het ’n bespotting geword en Malony en een van Van Aart se dogters het onderskeidelik die musiek en lirieke van die liedjie geskryf. Kort hierna is die hele wyk, Hoepelbeen inkluis, na ’n dans genooi en is die liedjie hier gesing. Blykbaar het Ferreira hierna die boodskap gekry en wel sy goed gevat en getrek.

N.H. Theunissen skryf in Die Brandwag van 18 November 1938 ook oor “Vat jou goed en trek”. Volgens hom is daar deur oorlewering geglo dat die liedjie geskryf is deur “’n sekere ou tante, Malonet”. Kon dit moontlik die Annie Malony wees van wie Prinsloo ook geskryf het? Hoe dit ook al sy, arme Ferreira, wie hy ook al was, sal waarskynlik nog vir generasies ’n hoepelbeen wees met wie gespot is en wat eenvoudig nie wou trek nie.

Kitsfeit

Die eerste liedjie wat oor die destydse Springbok Radio uitgesaai is, was “Vat jou goed en trek, Ferreira”.

Deel op

Wat is tans die grootste uitdagings om in die buiteland te woon en/of te werk?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels