Afrikaans en Nederlands, twee sustertale. Weliswaar verskillend, maar ook met baie onderlinge ooreenkomste. Dit geld natuurlik vir vele woorde in beide tale. Bepaalde woorde vind ons mooi en beskrywend, ander vind ons minder ”raak”. Opinies hieroor is vanselfsprekend persoonlik en subjektief. In hierdie nuwe taalspel soek ons na treffende, beeldende Afrikaanse woorde wat kan dien as ’n alternatief vir ’n bestaande, maar minder treffende Nederlandse woord: die Afrikaanse woord wil jy dus sImbolies aanbied aan die Nederlandse taal. Dink byvoorbeeld aan die Afrikaanse woord stort in plaas van die Nederlandse woord douche, of vuurhoutjie in plaas van die Nederlandse woord lucifer. Dit bly ‘n kwessie van smaak, maar die doel van die taalspel is dan ook om mense te laat nadink oor en geniet van Afrikaanse woorde.
Almal is welkom om deel te neem: jonk en oud, Nederlandstalig, Afrikaanstalig of anderstalig.
Watter Afrikaanse woord kies jy? Stuur ons jou keuse met ’n kort verduideliking .
Die beste twee inskrywings wen EUR 150,- en EUR 75,-.
Stuur jou inskrywing na: info@vectislingua.org
Meer inligting en vir die reëls van die spel: www.vectislingua.org
Deel op
Nuutste artikels