Natuurhoekie – Bruinkoppapegaai

04/08/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Voel

’n Bruinkoppapegaai geniet die nektar van die blomme van ’n worsboom by naby Satara in die Nasionale Krugerwildtuin.

Die bruinkoppapegaai (Poicephalus cryptoxanthus) word op die grasvelde, rivierwoude en oop boomvelde in Mosambiek, die Laeveld en die noorde van KwaZulu-Natal aangetref. Hulle word ’n maksimum van 25 sentimeter lank.

Die worsboom (Kigelia africana) kom wyd deur Afrika voor, maar is nie rypbestand nie. Die boom blom van Julie tot Augustus. In die video kan die besondere kleur van die blomme gesien word. Die vrugte waaraan die boom sy naam te danke het, is nie eetbaar nie, maar word soms vir die behandeling van wonde gebruik. Die vrugte kan tot 75 sentimeter lank word.

Die beeldmateriaal is andermaal deur Katie en André van Two-V Productions voorsien. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Die vierde boek in die reeks word eersdaags vrygestel. Die boeke is slegs in Afrikaans beskikbaar.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels