Uit en tuis: ’n e-pos uit Dubai

23/07/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Uit en tuis: ’n e-pos uit Dubai

Uit en tuis is ’n rubriek waar ons gesels met mense wat tans oorsee woon, of wat vroeër daar gebly en gewerk het. Hierdie week gesels ons met Angelique Scheun wat in Dubai woon.

Hallo Angelique, dit is heerlik om met jou te gesels!

Ons is ’n gesin van vyf en kom oorspronklik van Brakpan in Gauteng. Ongeveer drie jaar gelede het ons besluit om na Dubai te trek vir ’n werksgeleentheid – dit was ook ’n kans om in ’n veiliger land te woon. ’n Mens kan ongelukkig nie permanent emigreer na die VAE nie, maar jy kan wel verblyfreg behou as jy ’n werksvisum kry of ’n onderneming begin.

Die trekproses was baie stresvol – alles was vreemd en nuut. Maar dit het ook baie vinnig gebeur, en ons is goed ontvang. Die mense hier is vriendelik, al verstaan ons mekaar nie altyd perfek nie. Maar “Good morning” ken almal! Ons het geweet dit gaan warm wees, maar niks kon my voorberei op die uiterste hitte in die somer nie. Dit is iets wat jy self moet ervaar om regtig te verstaan.

Om vriende te maak in die VAE was een van die maklikste dinge vir my. Jy moet net aktief betrokke raak – skoolbyeenkomste, ’n kerk, en natuurlik Afrikaanse funksies so nou en dan. Maar om jou voete te vind is ’n ander saak. Die kos lyk vreemd en smaak anders as waaraan ons gewoond is. Die kinders word vreemd aangekyk omdat hulle kaalvoet loop – en jy sweet so erg dat jy nie jou eie gesig herken nie!

Daar is baie Suid-Afrikaners in Dubai – meer as wat mens sou verwag. Ons hou van kamp, braai, gholf speel en 4×4 ry in die woestyn – alles saam met vriende wat ons hier ontmoet het. Ons kom gereeld bymekaar, veral in die wintermaande wanneer dit lekker is om buite te wees.

Definitief die winter en die reën – veral die reën!

Beslis die veiligheid. Jy kan jou kar oral oop los met die sleutels daarin – ons het al drie jaar lank nog nooit die sleutels uit ons karre gehaal nie. Mense laai hul fone in die gange van winkelsentrums en los dit sommer daar – niemand vat daaraan nie. Die veiligheid is ongelooflik.

As gesin hou ons daarvan om gereeld see toe te gaan en verskillende dorpe in die VAE te ontdek. Die speelplekke vir kinders is fantasties – alles is baie kindervriendelik. Ons kamp so veel as moontlik in die winter, stap gereeld en besoek parke en die dieretuin. Daar is regtig so baie om te doen – ons ontdek nog elke dag iets nuuts.

Dat enigiets in ’n oogwink kan verander – maak nie saak in watse situasie jy is nie, goed of sleg.

Dis vir ons baie belangrik. Ons het ’n reël in die huis dat ons net Afrikaans met mekaar praat – anders gaan die kinders dit heeltemal vergeet.

Meeste van die produkte is hier beskikbaar, maar teen ’n hoë prys. Ons het wel Suid-Afrikaanse dokters en by ons kinders se skool is daar baie Suid-Afrikaanse onderwysers.

Wel nie emigreer nie, maar die trek: Verandering is goed.

Ek is meer rustig, veral oor my gesin se veiligheid. Ek het ook my Engels verbeter en geleer om makliker nuwe mense te ontmoet.

My raad aan enigiemand wat dit oorweeg: DOEN DIT! Jy weet nooit wat jy mis totdat jy nie iets nuuts probeer nie. Die gras is nie altyd groener aan die ander kant nie – maar soms is dit sand, en dié sand gee jou ’n nuwe perspektief en insig in die lewe.

Deel jou storie met ons

Elke ervaring is uniek – of dit oor werk, aanpassing, kultuur, familie of net jou alledaagse leefwêreld gaan. AfriForum Wêreldwyd bied ’n ruimte waar jou perspektief sin maak vir ander wat dalk soortgelyke paaie loop.

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels