Onderneming in die kollig: The Springbok Shelf

22/07/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: The Springbok Shelf

Dit is nie maklik om in ’n nuwe land aan te pas nie. Alles voel vreemd en onbekend, en selfs iets so eenvoudig soos om jou geliefde Suid-Afrikaanse produkte op te spoor kan ’n avontuur op sigself wees. Jy hoef dit egter nie alleen te doen nie: AfriForum Wêreldwyd is hier om te help.

Ons Wêreldgids is enig in sy soort: ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaar kom om ’n gevoel van gemeenskap te skep en waar jy weer kan voel jy behoort.

Of jy nou op soek is na Afrikaanse kerkdienste, jou gunsteling- Suid-Afrikaanse lekkernye of professionele mense wat in Afrikaans met jou oor finansiële, mediese of regskwessies kan gesels, ons gids wys vir jou waar om te begin.

Elke week plaas die AfriForum Wêreldwyd-span een van die ondernemings in die gids in die kollig. Hierdie week kyk ons na The Springbok Shelf, geleë in Åkersberga in Swede. The Springbok Shelf is ’n trotse en smaaklike bydraer tot die Wêreldgids!

The Springbok Shelf bring ’n klein deel van Suid-Afrika na jou toe!

Lees meer oor The Springbok Shelf

Hej, hallo, goeiedag! Lekker om julle almal te ontmoet – ons is Megan en Adrian! Ons is diep dankbaar om hierdie ongelooflike reis saam aan te pak. Hier is ’n bietjie inligting oor ons: Megan kom oorspronklik van Kaapstad, Suid-Afrika en bly sedert 2018 in Åkersberga, (ne buite Stockholm) saam met Adrian en hul seun, Ossian. Sy is passievol oor bak en is gek daaroor om te kook! Adrian staan aan die stuur van sake en is ook in Suid-Afrika gebore, maar het op jong ouderdom na Swede gekom. Hy deel haar liefde vir kosmaak en geniet die lewe soos wat dit kom.

Hulle het in Desember 2021 die Clarke’s Kitchen-onderneming van die vorige eienaars, Terri en Brendan Clarke oorgekoop, en dit tot The Springbok Shelf herdoop.

Hulle hou steeds die produkte aan waarvan jy hou, asook ’n paar nuwe byvoegings.  

Hulle doelwit is om aan te hou om die Suid-Afrikaanse kultuur en kos met jou te deel!

Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd seWêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net té ver weg is.

Kontak The Springbok Shelf Shelf

Klik hier om The Springbok Shelf se webtuiste te besoek.
Klik hier om The Springbok Shelf op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die kollig: The Lekker Shop

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels