Onderneming in die kollig: The Beskuit Factory UK

02/09/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: The Beskuit Factory UK

Dit is nie maklik om in ’n nuwe land aan te pas nie. Alles voel vreemd en onbekend, en selfs iets so eenvoudig soos om jou geliefde Suid-Afrikaanse produkte op te spoor kan ’n avontuur op sigself wees. Jy hoef dit egter nie alleen te doen nie: AfriForum Wêreldwyd is hier om te help.

Ons Wêreldgids is enig in sy soort: ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gevoel van gemeenskap te skep en waar jy weer kan voel jy behoort.

Of jy nou op soek is na Afrikaanse kerkdienste, jou gunsteling- Suid-Afrikaanse lekkernye of professionele mense wat in Afrikaans met jou oor finansiële, mediese of regskwessies kan gesels, ons gids wys vir jou waar om te begin.

Elke week plaas die AfriForum Wêreldwyd-span een van die ondernemings in die gids in die kollig. Hierdie week kyk ons na The Beskuit Factory UK, geleë in die Verenigde Koninkryk. The Beskuit Factory UK is ’n trotse en smaaklike bydraer tot die Wêreldgids!

Begin jou dag op die Suid-Afrikaanse manier. Tuisgebakte Suid-Afrikaanse beskuit.

Lees meer oor The Beskuit Factory UK

Suid-Afrikaanse beskuit is ’n heerlike en bros peuselhappie wat enige tyd van die dag geniet kan word. Hierdie tradisionele lekkerny word gemaak deur blokkies beskuitdeeg in die oond uit te droog totdat hulle heeltemal bros is. Dit is perfek om in koffie of tee te doop, of om eenvoudig op hul eie as ’n peuselhappie geniet te word. Of jy dit nou tuis geniet of met vriende en familie deel, dis ’n wonderlike manier om ’n bietjie van Suid-Afrika te ervaar.  

As jy in die VK woon en op soek is na outentieke Suid-Afrikaanse beskuit, hoef jy nie verder as The Beskuit Factory te soek nie!

Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd seWêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net té ver weg is.

Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk. Ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.

Kontak The Beskuit Factory UK

Klik hier om The Beskuit Factory UK se Facebook-blad te besoek.
Klik hier om The Beskuit Factory UK op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels