Is jy ’n sake-eienaar of ondersteuner van ’n onderneming in die buiteland?

05/09/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Is jy ’n sake-eienaar of ondersteuner van ’n onderneming in die buiteland?

#DoenigeDonderdag met AfriForum Wêreldwyd

Een van AfriForum Wêreldwyd se nuttigste hulpmiddels is die Wêreldgids, wat meer as 40 kategorieë van Afrikaanse ondernemings en diensverskaffers regoor die wêreld bevat. Of jy nou ’n Afrikaanse tandarts in Australië soek of ’n tutor in Europa: Die Wêreldgids bied ’n eenvoudige manier om betroubare kontakte te vind.

Die Wêreldgids is ’n uitgebreide aanlyn gids wat jou met diensverskaffers, ondernemings en selfs gemeenskapsorganisasies in jou nuwe tuiste verbind, van loodgieters en haarkappers tot onderwysers en kultuurbyeenkomste! Dié gids help jou om gehaltedienste in jou moedertaal te vind, maak nie saak waar jy woon nie.

Stuur vir ons ’n kort video van maksimum twee minute lank waarin jy jou onderneming bekendstel. Jou onderneming hoef nie ten volle Afrikaans te wees nie – solank jy ’n diens of produk in Afrikaans kan aanbied, is daar ’n plek vir jou in die Wêreldgids.

Ons deel jou video graag op ons Facebook-blad as deel van #DoenigeDonderdag, en maak só jou onderneming deel van ’n groter, wêreldwye netwerk.

  • Neem die video in landskapformaat met jou slimfoon op.
  • Vertel ons waarom dit vir jóú belangrik is om deel van ’n netwerk soos die Wêreldgids te wees. Watter waarde bring dit vir jou onderneming en jou kliënte?
  • Noem jou onderneming se naam, produkte of dienste, en hoe mense jou kan kontak of ondersteun.
  • Verduidelik kortliks waarom dit belangrik is om Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.
  • Spog gerus met jou produkte of neem die video sommer by jou winkel of praktyk self op.

Jou onderneming word nie net meer sigbaar nie; jy wys ook jou verbintenis aan ’n groter gemeenskap wat mekaar oor grense heen ondersteun. Om deel van die Wêreldgids te wees beteken jy is nie alleen nie: jy is deel van ’n netwerk wat nuwe geleenthede, groter sigbaarheid en sterk bande met Afrikaanse gemeenskappe wêreldwyd skep.

Besoek www.wereldgids.co.za om jou onderneming gratis te registreer of om ander Afrikaanse ondernemings in jou nuwe tuisdorp te ontdek.

Deel op

Nuutste artikels