Terugflits: Ondernemings in die kollig 2025 (Deel 2)

08/12/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Terugflits: Ondernemings in die kollig 2025 (Deel 2)

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.

Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind.

AfriForum Wêreldwyd se Ondernemings in die kollig-inisiatief is ’n viering van die suksesverhale van Suid-Afrikaanse ondernemings reg oor die wêreld. Hierdie inisiatief is ’n kerndeel van die Wêreldgids, en gee aan ondernemings die blootstelling wat hulle verdien.

Hiermee ondernemings wat in 2025 die kollig geniet het:

Enigiemand wat ’n outentieke braai in Engeland bygewoon het, kan bevestig dat dit deurdrenk is van tradisie en nie net nóg ’n maaltyd of gebeurtenis is nie. Dit is ’n ervaring waaraan mens kan smul. Lees meer.

By die Irish Reformed Church – Kerk in Afrikaans, wil ons graag die Woord van die Here met ’n suiwer hart, skoon gewete en opregte geloof bestudeer en verkondig. Jy is welkom om by ons in te loer, aanlyn, maar ook in persoon. Lees meer.

Listen & Learn bied ’n verskeidenheid opsies aan wat by enige een se skedule sal inpas. Besluit of jy Afrikaans wil leer om te gebruik wanneer jy sake doen of vir algemene gebruik. Wil jy jou Afrikaanse vaardighede opknap of begin jy by die begin? Daar is iets vir almal. Lees meer.

Viva Speech Pathology bied dienste aan jong kinders, studente, tieners en volwassenes wat terapie benodig op gebiede soos hakkel, spraakhelderheid, taalagterstande of -afwykings, geletterheidsprobleme en stemkwessies (gespanne hees stemme). Volwassenes kan aksentvermindering, hakkel en stemterapie soek. Lees meer.

’n Foto vertel ’n duisend woorde. Laat Jorietha Rabie jou herinneringe in haar lens verewig.

Ek hou van leefstylfotografie. Hoewel ek van foto’s hou waar daar geposeer word omdat dit ongelooflike kreatiewe geleenthede bied, maak die oomblikke tussenin ook saak. Die onbewaakte oomblikke waar ons ons liefde, passie en skoonheid ten toon stel sodat die wêreld dit kan sien. Daardie werklike oomblikke wat die ware aard van ’n mens se lewe in ’n storie omskep … JOU storie. Lees meer.

Breytenbachs Immigration Consultants Limited is ’n maatskappy wat spesialiseer in immigrasiekwessies in die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika.

Ons word gereguleer deur die kantoor van die kommissaris vir immigrasiedienste (Office of the Immigration Service Commissioner of OISC), wat ons kliënte die gemoedsrus kan gee dat ons hulle beste belange op die hart dra. Ons moet aan baie streng reëls voldoen om te verseker dat ons bekwaam is en ingelig is oor al die nuutste veranderinge in immigrasiewetgewing. Lees meer.


Dink jy jou onderneming of ’n onderneming/diensverskaffer wat jy ken, verdien om in die kollig te wees? Deel jou storie of merk (“tag”) ’n Suid-Afrikaanse onderneming in die buiteland wat uitmuntende diens lewer en ’n baken van trots is vir ons gemeenskap. Dalk is dit jou onderneming wat in 2026 as die volgende onderneming in die kollig gekies word.

Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees ook: Terugflits: Ondernemings in die kollig 2025 (Deel 1)

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels