Terugflits: Ondernemings in die kollig 2025 (Deel 4)

10/12/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Terugflits: Ondernemings in die kollig 2025 (Deel 4)

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.

Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind.

AfriForum Wêreldwyd se Ondernemings in die kollig-inisiatief is ’n viering van die suksesverhale van Suid-Afrikaanse ondernemings reg oor die wêreld. Hierdie inisiatief is ’n kerndeel van die Wêreldgids, en gee aan ondernemings die blootstelling wat hulle verdien.

Hiermee ondernemings wat in 2025 die kollig geniet het:

The Springbok Shelf bring ’n klein deel van Suid-Afrika na jou toe! Hulle hou steeds die produkte aan waarvan jy hou, asook ’n paar nuwe byvoegings. 

Hulle doelwit is om aan te hou om die Suid-Afrikaanse kultuur en kos met jou te deel!
Lees meer.

Die GROOTSTE jaarlikse Suid-Afrikaanse fees in Kanada, net hier op Saskatchewan se grasvlaktes!

Kom en beleef ’n ontploffing van uiteenlopende kos, kultuur en aktiwiteite wat werklik soos  HUIS smaak! Lees meer.

Die Voortrekkers NZ is ’n kultuurbeweging wat ons lede, in besonder die jeug, toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef. Lees meer.

Oh-lief Natural Products – Nederland is in Amsterdam geleë. Oh lief is in 2010 deur die sussies Christine Kühn en Louiza Rademan gestig as ’n blyk van hul liefde vir die natuur en ’n begeerte om produkte te maak wat nie ’n mens se vel of die omgewing sal beskadig nie.

Oh-lief se naam verwys na olyfolie, wat die hoofbestanddeel van al hul produkte is, en na hul liefde vir alles wat natuurlik is. Lief is ’n Afrikaanse woord wat hul liefde vir die organiese, die natuur en jou vel vooropstel. Lees meer.

Natasha du Preez woon in Perth, Australië en is ’n fotograaf wat in leefstyl, portrette, gesinne en troues spesialiseer. Sy het ’n passie daarvoor om kliënte te leer van die waarde wat fotografie tot hul storie nou en vir toekomstige generasies inhou. Lees meer.

Hierdie week val die kollig op Protea Hair Boutique, ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.

Oor die jare het die kundige span van Protea Hair Boutique een missie gehad – om hul toegewyde kliënte pragtig te laat lyk en op hul beste te laat voel. Lees meer.


Dink jy jou onderneming of ’n onderneming/diensverskaffer wat jy ken, verdien om in die kollig te wees? Deel jou storie of merk (“tag”) ’n Suid-Afrikaanse onderneming in die buiteland wat uitmuntende diens lewer en ’n baken van trots is vir ons gemeenskap. Dalk is dit jou onderneming wat in 2026 as die volgende onderneming in die kollig gekies word.

Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees ook: Terugflits: Ondernemings in die kollig 2025 (Deel 3)

Deel op

Nuutste artikels